Publicidade

Salmos 33

1 Exult, ye righteous, in Jehovah: praise is comely for the upright.2 Give thanks unto Jehovah with the harp; sing psalms unto him with the ten-stringed lute.3 Sing unto him a new song; play skilfully with a loud sound.4 For the word of Jehovah is right, and all his work is in faithfulness.5 He loveth righteousness and judgment: the earth is full of the loving-kindness of Jehovah.6 By the word of Jehovah were the heavens made, and all the host of them by the breath of his mouth.7 He gathereth the waters of the sea together as a heap; he layeth up the deeps in storehouses.8 Let all the earth fear Jehovah; let all the inhabitants of the world stand in awe of him.9 For *he* spoke, and it was {done}; *he* commanded, and it stood fast.10 Jehovah frustrateth the counsel of the nations; he maketh the thoughts of the peoples of none effect.11 The counsel of Jehovah standeth for ever, the thoughts of his heart from generation to generation.12 Blessed is the nation whose God is Jehovah, the people that he hath chosen for his inheritance!13 Jehovah looketh from the heavens; he beholdeth all the sons of men:14 From the place of his habitation he looketh forth upon all the inhabitants of the earth;15 He who fashioneth the hearts of them all, who considereth all their works.16 The king is not saved by the multitude of {his} forces; a mighty man is not delivered by much strength.17 The horse is a vain thing for safety; neither doth he deliver by his great power.18 Behold, the eye of Jehovah is upon them that fear him, upon them that hope in his loving-kindness,19 To deliver their soul from death, and to keep them alive in famine.20 Our soul waiteth for Jehovah: he is our help and our shield.21 For in him shall our heart rejoice, because we have confided in his holy name.22 Let thy loving-kindness, O Jehovah, be upon us, according as we have hoped in thee.

1 o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.2 Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.3 Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.4 Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.5 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.10 Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.11 Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.12 Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.13 Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.16 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.18 Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.20 Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.22 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-