1 Blessed is the man that walketh not in the counsel of the wicked, and standeth not in the way of sinners, and sitteth not in the seat of scorners;2 But his delight is in Jehovah's law, and in his law doth he meditate day and night.3 And he {is} as a tree planted by brooks of water, which giveth its fruit in its season, and whose leaf fadeth not; and all that he doeth prospereth.4 The wicked are not so; but are as the chaff which the wind driveth away.5 Therefore the wicked shall not stand in the judgment, nor sinners in the assembly of the righteous.6 For Jehovah knoweth the way of the righteous, but the way of the wicked shall perish.
1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.4 So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.5 Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.6 Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.