1 [Of David. Instruction.] Blessed is he {whose} transgression is forgiven, {whose} sin is covered!2 Blessed is the man unto whom Jehovah reckoneth not iniquity, and in whose spirit there is no guile!3 When I kept silence, my bones waxed old, through my groaning all the day long.4 For day and night thy hand was heavy upon me; my moisture was turned into the drought of summer. Selah.5 I acknowledged my sin unto thee, and mine iniquity I covered not; I said, I will confess my transgressions unto Jehovah, and *thou* forgavest the iniquity of my sin. Selah.6 For this shall every one that is godly pray unto thee at a time when thou mayest be found: surely in the floods of great waters they will not reach him.7 Thou art a hiding-place for me; thou preservest me from trouble; thou dost encompass me with songs of deliverance. Selah.8 I will instruct thee and teach thee the way in which thou shalt go; I will counsel {thee} with mine eye upon thee.9 Be ye not as a horse, as a mule, which have no understanding: whose trappings must be bit and bridle, for restraint, or they will not come unto thee.10 Many sorrows hath the wicked; but he that confideth in Jehovah, loving-kindness shall encompass him.11 Rejoice in Jehovah, and be glad, ye righteous; and shout for joy, all ye upright in heart.
1 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.2 Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.3 Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;4 want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.6 Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.7 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.9 Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou -- met goedertierenheid sal Hy hom omring.11 Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!