1 [To the chief Musician. An instruction; of the sons of Korah.] As the hart panteth after the water-brooks, so panteth my soul after thee, O God.2 My soul thirsteth for God, for the living *God: when shall I come and appear before God?3 My tears have been my bread day and night, while they say unto me all the day, Where is thy God?4 These things I remember and have poured out my soul within me: how I passed along with the multitude, how I went on with them to the house of God, with the voice of joy and praise, a festive multitude.5 Why art thou cast down, my soul, and art disquieted in me? hope in God; for I shall yet praise him, {for} the health of his countenance.6 My God, my soul is cast down within me; therefore do I remember thee from the land of the Jordan, and the Hermons, from mount Mizar.7 Deep calleth unto deep at the noise of thy cataracts; all thy breakers and thy billows are gone over me.8 In the day-time will Jehovah command his loving-kindness, and in the night his song shall be with me, a prayer unto the *God of my life.9 I will say unto *God my rock, Why hast thou forgotten me? why go I mourning because of the oppression of the enemy?10 As with a crushing in my bones mine adversaries reproach me, while they say unto me all the day, Where is thy God?11 Why art thou cast down, my soul? and why art thou disquieted within me? hope in God; for I shall yet praise him, {who is} the health of my countenance, and my God.
1 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.2 Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?4 My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?5 Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof -- 'n feesvierende menigte!6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van sy aangesig!7 o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.8 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.9 Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.10 Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?11 Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? [ (Psalms 42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God! ]