1 [For Solomon.] O God, give the king thy judgments, and thy righteousness unto the king's son.2 He will judge thy people with righteousness, and thine afflicted with judgment.3 The mountains shall bring peace to the people, and the hills, by righteousness.4 He will do justice to the afflicted of the people; he will save the children of the needy, and will break in pieces the oppressor.5 They shall fear thee as long as sun and moon endure, from generation to generation.6 He shall come down like rain on the mown grass, as showers that water the earth.7 In his days shall the righteous flourish, and abundance of peace till the moon be no more.8 And he shall have dominion from sea to sea, and from the river unto the ends of the earth.9 The dwellers in the desert shall bow before him, and his enemies shall lick the dust.10 The kings of Tarshish and of the isles shall render presents; the kings of Sheba and Seba shall offer tribute:11 Yea, all kings shall bow down before him; all nations shall serve him.12 For he will deliver the needy who crieth, and the afflicted, who hath no helper;13 He will have compassion on the poor and needy, and will save the souls of the needy:14 He will redeem their souls from oppression and violence, and precious shall their blood be in his sight.15 And he shall live; and to him shall be given of the gold of Sheba; and prayer shall be made for him continually: all the day shall he be blessed.16 There shall be abundance of corn in the earth, upon the top of the mountains; the fruit thereof shall shake like Lebanon; and they of the city shall bloom like the herb of the earth.17 His name shall endure for ever; his name shall be continued as long as the sun: and {men} shall bless themselves in him; all nations shall call him blessed.18 Blessed be Jehovah Elohim, the God of Israel, who alone doeth wondrous things!19 And blessed be his glorious name for ever! and let the whole earth be filled with his glory! Amen, and Amen.20 The prayers of David the son of Jesse are ended.
1 Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.2 Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.3 Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid.4 Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.5 Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.6 Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie -- 'n swaar reën op die aarde.7 In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.8 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.9 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.10 Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.11 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.12 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.13 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.14 Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.15 Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!16 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die L¡banon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!17 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseënword, hom gelukkig prys!18 Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!19 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.