1 [To the chief Musician. A Psalm of David.] Hear, O God, my voice in my plaint; preserve my life from fear of the enemy:2 Hide me from the secret counsel of evil-doers, from the tumultuous crowd of the workers of iniquity,3 Who have sharpened their tongue like a sword, {and} have aimed their arrow, a bitter word;4 That they may shoot in secret at the perfect: suddenly do they shoot at him, and fear not.5 They encourage themselves in an evil matter, they concert to hide snares; they say, Who will see them?6 They devise iniquities: We have it ready, the plan is diligently sought out. And each one's inward {thought} and heart is deep.7 But God will shoot an arrow at them: suddenly are they wounded;8 By their own tongue they are made to fall over one another: all that see them shall flee away.9 And all men shall fear, and shall declare God's doing; and they shall wisely consider his work.10 The righteous shall rejoice in Jehovah, and trust in him; and all the upright in heart shall glory.
1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.3 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;4 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig -- bitter woorde! --5 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.6 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?7 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!8 Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.9 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.10 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen. [ (Psalms 64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. ]