1 [To the chief Musician. Upon Muthlabben. A Psalm of David.] I will praise Jehovah with my whole heart; I will recount all thy marvellous works.2 I will be glad and rejoice in thee; I will sing forth thy name, O Most High.3 When mine enemies turned back, they stumbled and perished at thy presence:4 For thou hast maintained my right and my cause. Thou sittest on the throne, judging righteously.5 Thou hast rebuked the nations, thou hast destroyed the wicked; thou hast put out their name for ever and ever.6 O enemy! destructions are ended for ever. -Thou hast also destroyed cities, even the remembrance of them hath perished.7 But Jehovah sitteth for ever; he hath ordained his throne for judgment.8 And it is he that will judge the world with righteousness; he shall execute judgment upon the peoples with equity.9 And Jehovah will be a refuge to the oppressed one, a refuge in times of distress.10 And they that know thy name will confide in thee; for thou, Jehovah, hast not forsaken them that seek thee.11 Sing psalms to Jehovah who dwelleth in Zion; tell among the peoples his doings.12 For when he maketh inquisition for blood, he remembereth them; the cry of the afflicted ones hath he not forgotten.13 Be gracious unto me, O Jehovah; consider mine affliction from them that hate me, lifting me up from the gates of death:14 That I may declare all thy praise in the gates of the daughter of Zion. I will be joyful in thy salvation.15 The nations are sunk down in the pit {that} they made; in the net that they hid is their own foot taken.16 Jehovah is known {by} the judgment he hath executed: the wicked is ensnared in the work of his own hands. Higgaion. Selah.17 The wicked shall be turned into Sheol, all the nations that forget God.18 For the needy one shall not be forgotten alway; the hope of the meek shall not perish for ever.19 Arise, Jehovah; let not man prevail: let the nations be judged in thy sight.20 Put them in fear, Jehovah: that the nations may know themselves to be but men. Selah.
1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.7 Die vyande het omgekom -- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, die het vergaan.8 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!12 Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.13 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.14 Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.17 Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.20 Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word! [ (Psalms 9:21) o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela. ]