1 Bless Jehovah, O my soul! Jehovah my God, thou art very great; thou art clothed with majesty and splendour;2 Covering thyself with light as with a garment, stretching out the heavens like a tent-curtain; -3 Who layeth the beams of his upper chambers in the waters, who maketh clouds his chariot, who walketh upon the wings of the wind;4 Who maketh his angels spirits; his ministers a flame of fire.5 He laid the earth upon its foundations: it shall not be removed for ever.6 Thou hadst covered it with the deep, as with a vesture; the waters stood above the mountains:7 At thy rebuke they fled, at the voice of thy thunder they hasted away; -8 The mountains rose, the valleys sank, unto the place which thou hadst founded for them; -9 Thou hast set a bound which they may not pass over, that they turn not again to cover the earth.10 He sendeth the springs into the valleys: they run among the mountains;11 They give drink to every beast of the field; the wild asses quench their thirst.12 The birds of heaven dwell by them; they give forth their voice from among the branches.13 He watereth the mountains from his upper-chambers: the earth is satisfied with the fruit of thy works.14 He maketh the grass to grow for the cattle, and herb for the service of man; bringing forth bread out of the earth,15 And wine which gladdeneth the heart of man; making {his} face shine with oil; and with bread he strengtheneth man's heart.16 The trees of Jehovah are satisfied, the cedars of Lebanon, which he hath planted,17 Where the birds make their nests; {as for} the stork, the fir trees are her house.18 The high mountains are for the wild goats; the cliffs, a refuge for the rock-badgers.19 He made the moon for seasons: the sun knoweth its going down.20 Thou makest darkness, and it is night, wherein all the beasts of the forest creep forth:21 The young lions roar after the prey, and to seek their food from *God.22 The sun ariseth, they retreat, and lay them down in their dens.23 Man goeth forth unto his work, and to his labour until the evening.24 How manifold are thy works, O Jehovah! in wisdom hast thou made them all: the earth is full of thy riches.25 Yonder is the great and wide sea: therein are moving things innumerable, living creatures small and great.26 There go the ships; {there} that leviathan, which thou hast formed to play therein.27 These all look unto thee, that thou mayest give their food in its season:28 That thou givest unto them, they gather; thou openest thy hand, they are filled with good.29 Thou hidest thy face, they are troubled; thou takest away their breath, they expire and return to their dust.30 Thou sendest forth thy spirit, they are created, and thou renewest the face of the earth.31 The glory of Jehovah will endure for ever; Jehovah will rejoice in his works.32 He looketh on the earth, and it trembleth; he toucheth the mountains, and they smoke.33 I will sing unto Jehovah as long as I live; I will sing psalms to my God while I have my being.34 My meditation shall be pleasant unto him; I will rejoice in Jehovah.35 Sinners shall be consumed out of the earth, and the wicked shall be no more. Bless Jehovah, O my soul. Hallelujah!
1 Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed --2 wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.6 U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.7 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik --8 berge het opgerys, laagtes het weggesak -- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.9 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.10 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.11 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.12 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,15 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.16 Die bome van die HERE word versadig, die seders van die L¡banon wat Hy geplant het;17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.20 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.21 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.23 Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.24 Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd -- daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.26 Daar gaan die skepe en die Levi tan wat U geformeer het om daarin te speel.27 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.28 U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.31 Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,32 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.33 Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ,k sal bly wees in die HERE!35 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!