1 Rilate spiritajn donacojn, fratoj, mi ne volas, ke vi estu nesciantaj.2 Vi scias, ke kiam vi estis nacianoj, vi estis forkondukataj al tiuj mutaj idoloj, kiel ajn oni vin kondukis.3 Tial mi sciigas vin, ke neniu parolanta en la Spirito de Dio diras:Jesuo estas anatemita; kaj neniu povas diri:Jesuo estas Sinjoro, krom per la Sankta Spirito.4 Ekzistas diverseco de donacoj, sed la sama Spirito.5 Kaj ekzistas diverseco de servoj, kaj la sama Sinjoro.6 Kaj ekzistas diverseco de energioj, sed la sama Dio, kiu energias ĉion en ĉiuj.7 Sed al ĉiu estas donita la elmontro de la Spirito por utilo.8 Ĉar al unu estas donita per la Spirito la vorto de saĝeco; kaj al alia, la vorto de scio, laŭ la sama Spirito;9 al alia, fido, en la sama Spirito; al alia, donacoj de resanigoj, en la unu Spirito;10 kaj al alia, energioj por mirakloj; kaj al alia, profetpovo; kaj al alia, distingoj de spiritoj; al alia, diversaj lingvoj; kaj al alia, interpreto de lingvoj;11 sed ĉion tion energias la unu sama Spirito, dividante al ĉiu aparte, kiel al li plaĉas.12 Ĉar kiel la korpo estas unu, kaj havas multajn membrojn, kaj ĉiuj membroj de la korpo, estante multaj, estas unu korpo; tiel same ankaŭ estas Kristo.13 Ĉar en unu Spirito ni ĉiuj baptiĝis en unu korpon, ĉu Judoj aŭ Grekoj, ĉu sklavoj aŭ liberaj; kaj ĉiuj estas trinkigitaj el unu Spirito.14 Ĉar la korpo estas ne unu membro, sed multaj.15 Se la piedo diros:Pro tio, ke mi ne estas la mano, mi ne apartenas al la korpo-ne sekvas de tio, ke ĝi ne apartenas al la korpo.16 Kaj se la orelo diros:Pro tio, ke mi ne estas la okulo, mi ne apartenas al la korpo-ne sekvas de tio, ke ĝi ne apartenas al la korpo.17 Se la tuta korpo estus okulo, kie estus la aŭdado? Se la tuta estus aŭdado, kie estus la flarado?18 Sed Dio jam metis la membrojn al la korpo, ĉiun, kiel al Li plaĉis.19 Kaj se ĉiuj estus unu membro, kie estus la korpo?20 Nun do ekzistas multaj membroj, sed unu korpo.21 Kaj la okulo ne povas diri al la mano:Mi vin ne bezonas; nek same la kapo al la piedoj:Mi vin ne bezonas.22 Sed multe plie la ŝajne malfortaj membroj de la korpo estas necesaj;23 kaj al tiuj partoj de la korpo, kiujn ni opinias malpli honorindaj, ni donas pli abundan honoron; kaj niaj negraciaj partoj havas pli abundan gracion;24 sed niaj graciaj partoj ne havas bezonon; tamen Dio kunakordigis la korpon, doninte pli abundan honoron al la parto, kiu havas mankon,25 por ke ne estu skismo en la korpo; sed ke la membroj prizorgu egale unu la alian.26 Kaj se unu membro suferas, ĉiuj membroj kune suferas; aŭ se unu membro honoriĝas, ĉiuj membroj kunĝojas.27 Vi do estas la korpo de Kristo, kaj membroj en ĝi, ĉiu laŭ sia parto.28 Kaj Dio metis iujn en la eklezio, unue apostolojn, due profetojn, trie instruantojn, poste miraklojn, poste donacojn de kuracado, helpojn, direktojn, diversajn lingvojn.29 Ĉu ĉiuj estas apostoloj? ĉu ĉiuj profetoj? ĉu ĉiuj instruantoj? ĉu ĉiuj mirakluloj?30 ĉu ĉiuj havas kuracan povon? ĉu ĉiuj parolas per lingvoj? ĉu ĉiuj interpretas?31 Sed vi deziru forte la pligrandajn donacojn. Kaj ankoraŭ pli preferindan vojon mi montras al vi.
1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;9 aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie -- behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie -- behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.22 Maar veel eerder is die lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;23 en die lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.