Publicidade

Deuteronômio 5

1 Kaj Moseo kunvokis ĉiujn Izraelidojn, kaj diris al ili:Aŭskultu, ho Izrael, la leĝojn kaj la regulojn, kiujn mi diras en viajn orelojn hodiaŭ, kaj lernu ilin kaj observu plenumi ilin.2 La Eternulo, nia Dio, faris kun ni interligon sur Ĥoreb.3 Ne kun niaj patroj la Eternulo faris tiun interligon, sed kun ni, kun ni, kiuj nun ĉi tie ĉiuj vivas.4 Vizaĝon kontraŭ vizaĝo la Eternulo parolis kun vi sur la monto el meze de la fajro;5 mi tiam staris inter la Eternulo kaj vi, por transdiri al vi la vorton de la Eternulo, ĉar vi timis la fajron kaj ne supreniris sur la monton. Kaj Li diris:6 Mi estas la Eternulo, via Dio, kiu elkondukis vin el la lando Egipta, el la domo de sklaveco.7 Ne ekzistu ĉe vi aliaj dioj antaŭ Mi.8 Ne faru al vi idolon, nek bildon de io, kio estas en la ĉielo supre aŭ sur la tero malsupre aŭ en la akvo sub la tero;9 ne kliniĝu antaŭ ili kaj ne servu ilin; ĉar Mi, la Eternulo, via Dio, estas Dio severa, kiu la malbonagon de la patroj punas sur la idoj en la tria kaj kvara generacioj ĉe Miaj malamantoj,10 kaj kiu faras favorkoraĵon por miloj al Miaj amantoj kaj al la plenumantoj de Miaj ordonoj.11 Ne malbonuzu la nomon de la Eternulo, via Dio; ĉar la Eternulo ne lasos senpuna tiun, kiu malbonuzas Lian nomon.12 Observu la tagon sabatan, ke vi tenu ĝin sankta, kiel ordonis al vi la Eternulo, via Dio.13 Dum ses tagoj laboru kaj faru ĉiujn viajn aferojn;14 sed la sepa tago estas sabato de la Eternulo, via Dio; faru nenian laboron, nek vi, nek via filo, nek via filino, nek via sklavo, nek via sklavino, nek via bovo, nek via azeno, nek ia via bruto, nek via fremdulo, kiu estas inter viaj pordegoj; por ke ripozu via sklavo kaj via sklavino, kiel vi.15 Kaj memoru, ke vi estis sklavo en la lando Egipta, kaj la Eternulo, via Dio, elkondukis vin el tie per mano forta kaj per brako etendita; pro tio ordonis al vi la Eternulo, via Dio, observi la tagon sabatan.16 Respektu vian patron kaj vian patrinon, kiel ordonis al vi la Eternulo, via Dio; por ke longe daŭru via vivo, kaj por ke estu al vi bone sur la tero, kiun la Eternulo, via Dio, donas al vi.17 Ne mortigu.18 Kaj ne adultu.19 Kaj ne ŝtelu.20 Kaj ne parolu kontraŭ via proksimulo malveran ateston.21 Kaj ne deziru la edzinon de via proksimulo; kaj ne deziru la domon de via proksimulo, nek lian kampon, nek lian sklavon, nek lian sklavinon, nek lian bovon, nek lian azenon, nek ion, kio apartenas al via proksimulo.22 Tiujn vortojn diris la Eternulo al via tuta anaro sur la monto, el meze de la fajro, nubo, kaj nebulo, per voĉo laŭta; kaj Li nenion plu aldonis. Kaj Li skribis ilin sur du ŝtonaj tabeloj kaj donis ilin al mi.23 Kaj kiam vi aŭdis la voĉon el la mallumo, dum la monto brulis per fajro, tiam vi aliris al mi, ĉiuj viaj tribestroj kaj plejaĝuloj;24 kaj vi diris:Jen la Eternulo, nia Dio, montris al ni Sian majeston kaj Sian grandecon, kaj Lian voĉon ni aŭdis el meze de la fajro; en tiu tago ni vidis, ke parolas Dio al homo, kaj ĉi tiu restas vivanta.25 Sed nun por kio ni mortu? nin ja formanĝos ĉi tiu granda fajro; se ni plue aŭskultos la voĉon de la Eternulo, nia Dio, ni mortos.26 Ĉar kie ekzistas ia karno, kiu aŭdis la voĉon de la vivanta Dio, parolantan el meze de fajro, kiel ni, kaj restis vivanta?27 Alproksimiĝu vi, kaj aŭskultu ĉion, kion diros la Eternulo, nia Dio; kaj vi transdiros al ni ĉion, kion diros la Eternulo, nia Dio, kaj ni aŭskultos kaj ni plenumos.28 Kaj la Eternulo aŭdis la voĉon de viaj vortoj, kiam vi parolis al mi; kaj la Eternulo diris al mi:Mi aŭdis la voĉon de la vortoj de ĉi tiu popolo, kiujn ili diris al vi; bona estas ĉio, kion ili diris.29 Ho, se ilia koro restus ĉe ili tia, ke ili timu Min kaj observu ĉiujn Miajn ordonojn ĉiutempe, por ke estu bone al ili kaj al iliaj filoj eterne!30 Iru, diru al ili:Reiru en viajn tendojn.31 Kaj vi ĉi tie restu kun Mi, kaj Mi eldiros al vi ĉiujn ordonojn kaj leĝojn kaj regulojn, kiujn vi instruos al ili, por ke ili plenumadu ilin en la lando, kiun Mi donas al ili kiel posedaĵon.32 Kaj observu, ke vi faru, kiel ordonis al vi la Eternulo, via Dio; ne forflankiĝu dekstren, nek maldekstren.33 Laŭ tiu tuta vojo, kiun ordonis al vi la Eternulo, via Dio, iradu, por ke vi vivu kaj por ke estu bone al vi, kaj por ke longe daŭru via restado en la lando, kiun vi ekposedos.

1 En Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.2 Die HERE onse God het by Horeb met ons 'n verbond gesluit.3 Met ons vaders het die HERE hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.4 Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek --5 ek het in die tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie -- en Hy het gesê:6 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.8 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.11 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het.13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;14 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy g,,n werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.16 Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee.17 Jy mag nie doodslaan nie.18 En jy mag nie egbreek nie.19 En jy mag nie steel nie.20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie -- na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.23 En toe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,24 en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die HERE onse God nog langer hoor, sal ons sterwe.26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?27 Gaan u naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; dan kan u ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.28 En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die HERE vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het.29 Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.31 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.32 Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.33 In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-