Publicidade

Efésios 1

1 Paŭlo, apostolo de Jesuo Kristo per la volo de Dio, al la sanktuloj, kiuj estas en Efeso, kaj al la fideluloj en Kristo Jesuo:2 Graco estu al vi kaj paco de Dio, nia Patro, kaj de la Sinjoro Jesuo Kristo.3 Benata estu la Dio kaj Patro de nia Sinjoro Jesuo Kristo, kiu benis nin per ĉia beno spirita en la ĉielejoj en Kristo;4 kiel Li elektis nin en li antaŭ la fondo de la mondo, por ke ni estu sanktaj kaj senmakulaj antaŭ Li en amo;5 antaŭdestininte nin por filadopto per Jesuo Kristo al Si mem, laŭ la aprobo de Sia volo,6 al la laŭdo de la gloro de Lia graco, per kiu Li favoris nin en la Amata;7 en kiu ni havas la elaĉeton per lia sango, la pardonon de niaj pekoj, laŭ la riĉo de lia graco,8 kiun li abundigis al ni en ĉia saĝeco kaj prudento,9 sciiginte al ni la misteron de Lia volo, laŭ Lia bonvolo, kiun Li antaŭdecidis en li,10 por dispono en la pleneco de la tempo, por sumigi en Kristo ĉion, kio estas en la ĉieloj kaj sur la tero;11 en li, en kiu ni fariĝis heredaĵo, destinite laŭ la antaŭdecido de Tiu, kiu ĉion faras laŭ la intenco de Sia volo;12 por ke ni estu por la laŭdo de Lia gloro, ni, kiuj antaŭe esperis en Kristo;13 en kiu vi ankaŭ esperas, aŭdinte la vorton de la vero, la evangelion de via savo; al kiu ankaŭ kredinte, vi estas sigelitaj per la Sankta Spirito de promeso,14 kiu estas antaŭgarantiaĵo de nia heredaĵo, por la elaĉeto de la posedaĵo, por laŭdo de Lia gloro.15 Pro tio mi ankaŭ, aŭdinte pri via fido al la Sinjoro Jesuo, kaj via amo al ĉiuj sanktuloj,16 ne ĉesas danki pro vi, vin nomante en miaj preĝoj;17 por ke la Dio de nia Sinjoro Jesuo Kristo, la Patro de gloro, donu al vi spiriton de saĝeco kaj malkaŝo en la konado de Li;18 dum la okuloj de via koro estas lumigataj, por ke vi sciu, kia estas la espero de Lia voko, kaj kia la riĉeco de la gloro de Lia heredaĵo en la sanktuloj,19 kaj kia la supermezura grandeco de Lia potenco al ni, kiuj kredas, laŭ la energio de la efikeco de Lia forto,20 kiun Li faris en Kristo, relevante lin el la mortintoj, kaj sidigante lin dekstre de Li en la ĉieloj,21 multe super ĉiu reganto kaj aŭtoritato kaj potenco kaj regeco, kaj ĉiu nomo nomata, ne nur en ĉi tiu mondo, sed ankaŭ en la estonta;22 kaj ĉion Li metis sub liajn piedojn, kaj donis lin kiel kapon super ĉio por la eklezio,23 kiu estas lia korpo, la pleneco de Tiu, kiu plenigas ĉion en ĉio.

1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in fese is, en die gelowiges in Christus Jesus:2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseënhet met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig --11 in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.15 Daarom -- vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges --16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Veja também

Publicidade
Efésios
Ver todos os capítulos de Efésios
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-