1 Mi estas la vera vinberarbo, kaj mia Patro estas la kultivisto.2 Ĉiun nefruktodonan branĉon en mi Li forprenas; kaj ĉiun fruktodonan branĉon Li purigas, por ke ĝi donu pli da frukto.3 Jam vi estas puraj pro la vorto, kiun mi parolis al vi.4 Restadu en mi, kaj mi en vi. Kiel la branĉo ne povas de si mem doni frukton, se ĝi ne restas en la vinberarbo, tiel ankaŭ vi ne povas, se vi ne restas en mi.5 Mi estas la vinberarbo; vi estas la branĉoj; kiu restadas en mi, kaj mi en li, tiu donas multe da frukto; ĉar sen mi vi nenion povas fari.6 Se iu ne restas en mi, tiu estas elĵetita, kiel la branĉo, kaj sekiĝas; kaj oni ilin kolektas kaj ĵetas en fajron, kaj ili brulas.7 Se vi restadas en mi, kaj miaj vortoj restadas en vi, petu kion ajn vi volos, kaj tio estos farita por vi.8 En tio mia Patro estas glorata, ke vi donas multe da frukto; kaj vi estos miaj disĉiploj.9 Kiel la Patro min amis, tiel mi ankaŭ vin amis; restadu en mia amo.10 Se vi observos miajn ordonojn, vi restados en mia amo tiel same, kiel mi observis la ordonojn de mia Patro kaj restadas en Lia amo.11 Tion mi parolis al vi, por ke mia ĝojo en vi restadu, kaj via ĝojo estu plena.12 Jen estas mia ordono:ke vi amu unu alian tiel same, kiel mi vin amis.13 Neniu havas amon pli grandan ol tio, ke iu demetus sian vivon por siaj amikoj.14 Vi estas miaj amikoj, se vi faras tion, kion mi al vi ordonas.15 Mi jam ne nomas vin sklavoj, ĉar la sklavo ne scias, kion lia sinjoro faras; sed mi nomis vin amikoj, ĉar ĉion, kion mi aŭdis de mia Patro, mi sciigis al vi.16 Vi ne elektis min, sed mi elektis vin, kaj starigis vin, por ke vi iru kaj donu frukton, kaj ke via frukto daŭru; por ke la Patro donu al vi ĉion ajn, kion vi petos de Li en mia nomo.17 Tion mi ordonas al vi, por ke vi amu unu la alian.18 Se la mondo malamas vin, vi scias, ke ĝi malamis min pli frue, ol vin.19 Se vi estus el la mondo, la mondo amus siajn proprajn; sed ĉar vi ne estas el la mondo, kaj mi elektis vin for de la mondo, tial la mondo vin malamas.20 Memoru la vorton, kiun mi diris al vi:Sklavo ne estas pli granda ol lia sinjoro. Se ili min persekutis, vin ankaŭ ili persekutos; se ili observis mian vorton, ankaŭ vian ili observos.21 Sed ĉion ĉi tion ili faros al vi pro mia nomo, ĉar ili ne konas Tiun, kiu min sendis.22 Se mi ne estus veninta kaj parolinta al ili, ili ne havus pekon; sed nun ili ne havas pretekston por sia peko.23 Tiu, kiu min malamas, malamas ankaŭ mian Patron.24 Se mi ne estus farinta inter ili farojn, kiajn neniu alia faris, ili ne havus pekon; sed nun ili vidis kaj malamis min kaj ankaŭ mian Patron.25 Sed tio okazas, por ke plenumiĝu la vorto skribita en ilia leĝo:Ili malamis min senkaŭze.26 Sed kiam venos la Parakleto, kiun mi sendos de la Patro al vi, la Spirito de la vero, kiu devenas de la Patro, tiu pri mi atestos;27 kaj vi ankaŭ atestas, ĉar vi estis kun mi de la komenco.
1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.21 Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.23 Wie my haat, haat ook my Vader.24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.27 En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.