1 Parolinte tiujn vortojn, Jesuo foriris kun siaj disĉiploj trans la torenton Kidron, kie estis ĝardeno, en kiun li eniris kune kun siaj disĉiploj.2 Kaj Judas, lia perfidanto, konis la lokon; ĉar Jesuo ofte venis tien kun siaj disĉiploj.3 Judas do, ricevinte la kohorton kaj oficistojn, senditajn de la ĉefpastroj kaj Fariseoj, venis tien kun lanternoj kaj torĉoj kaj bataliloj.4 Jesuo do, sciante ĉion, kio venos al li, paŝis antaŭen, kaj diris al ili:Kiun vi serĉas?5 Ili respondis al li:Jesuon Nazaretan. Jesuo respondis:Mi estas tiu. Kaj Judas, lia perfidanto, staris kun ili.6 Kiam do li diris al ili:Mi estas tiu, ili malantaŭen ekpaŝis kaj falis sur la teron.7 Tiam denove li demandis ilin:Kiun vi serĉas? Ili diris:Jesuon Nazaretan.8 Jesuo respondis:Mi ĵus diris al vi, ke mi estas tiu; se do vi min serĉas, lasu ĉi tiujn foriri;9 por ke plenumiĝu la vorto, kiun li diris:El tiuj, kiujn Vi donis al mi, mi perdis neniun.10 Simon Petro do, havante glavon, eltiris ĝin, kaj frapis sklavon de la ĉefpastro kaj detranĉis lian dekstran orelon. La nomo de la sklavo estis Malĥo.11 Jesuo do diris al Petro:Metu la glavon en ĝian ingon; la kalikon, kiun la Patro donis al mi, ĉu mi ne trinkos?12 La kohorto kaj la milestro kaj la oficistoj de la Judoj kaptis do Jesuon kaj ligis lin,13 kaj kondukis lin unue al Anas; ĉar ĉi tiu estis bopatro de Kajafas, kiu estis ĉefpastro en tiu jaro.14 Kajafas estis tiu, kiu donis konsilon al la Judoj, ke estos bone, ke unu homo mortu por la popolo.15 Kaj Simon Petro sekvis Jesuon, kaj ankaŭ alia disĉiplo. Ĉi tiu disĉiplo estis konata de la ĉefpastro, kaj eniris kun Jesuo en la korton de la ĉefpastro;16 sed Petro staris ekstere apud la pordo. Kaj la alia disĉiplo, kiu estis konata de la ĉefpastro, eliris kaj parolis kun la pordistino, kaj enirigis Petron.17 La sklavino pordistino diris al Petro:Ĉu vi ne estas ankaŭ el la disĉiploj de tiu homo? Li diris:Mi ne estas.18 La sklavoj kaj la oficistoj, farinte karban fajron (ĉar estis malvarme), staris kaj sin varmigis; Petro ankaŭ estis kun ili, starante kaj sin varmigante.19 La ĉefpastro demandis Jesuon pri liaj disĉiploj kaj pri lia instruado.20 Jesuo respondis al li:Mi parolis malkaŝe al la mondo; mi ĉiam instruis en la sinagogoj kaj en la templo, kie ĉiuj Judoj kunvenas; kaj sekrete mi nenion parolis.21 Kial vi min demandas? demandu tiujn, kiuj aŭdis, kion mi parolis al ili; ili ja scias, kion mi diris.22 Kaj kiam li parolis tion, unu el la apude starantaj oficistoj per la manplato frapis Jesuon, dirante:Ĉu tiel vi respondas al la ĉefpastro?23 Respondis Jesuo al li:Se mi malbone parolis, atestu pri la malbono; sed se bone, kial vi min frapas?24 Anas sendis lin ligitan al la ĉefpastro Kajafas.25 Simon Petro staris kaj sin varmigis. Oni do diris al li:Ĉu vi estas unu el liaj disĉiploj? Li neis, dirante:Mi ne estas.26 Unu el la sklavoj de la ĉefpastro, estante parenco de tiu, kies orelon Petro detranĉis, diris:Ĉu mi ne vidis vin kun li en la ĝardeno?27 Petro do denove neis; kaj tuj la koko ekkriis.28 Kaj oni kondukis Jesuon de Kajafas en la palacon; estis frumatene; kaj ili ne eniris en la palacon, por ke ili ne malpuriĝu, sed povu manĝi la Paskon.29 Pilato do eliris al ili, kaj diris:Kian akuzon vi prezentas kontraŭ ĉi tiu viro?30 Ili respondis kaj diris al li:Se li ne estus malbonfaranto, ni ne transdonus lin al vi.31 Pilato do diris al ili:Vi mem prenu lin, kaj juĝu lin laŭ via leĝo. La Judoj diris al li:Ne estas permesate al ni mortigi homon;32 por ke plenumiĝu la vorto de Jesuo, kiun li parolis, montrante, per kia morto li mortos.33 Pilato do reeniris en la palacon, kaj alvokis Jesuon, kaj diris al li:Ĉu vi estas la Reĝo de la Judoj?34 Jesuo respondis:Ĉu vi tion diras de vi mem, aŭ ĉu aliaj diris ĝin al vi pri mi?35 Pilato respondis:Ĉu mi estas Judo? Via propra nacio kaj la ĉefpastroj transdonis vin al mi; kion vi faris?36 Jesuo respondis:Mia regno ne estas el ĉi tiu mondo; se mia regno estus el ĉi tiu mondo, miaj servantoj bataladus, por ke mi ne transdoniĝu al la Judoj; sed nun mia regno ne estas el ĉi tie.37 Pilato demandis lin:Ĉu vi do estas reĝo? Jesuo respondis:Vi diras, ke mi estas reĝo. Por tio mi naskiĝis kaj venis en la mondon, ke mi atestu pri la vero. Ĉiu, kiu estas el la vero, aŭskultas mian voĉon.38 Pilato diris al li:Kio estas la vero? Kaj dirinte tion, li eliris denove al la Judoj, kaj diris al ili:Mi trovas en li nenian kulpon.39 Sed estas ĉe vi kutime, ke mi liberigu al vi unu dum la Pasko:ĉu vi do volas, ke mi liberigu al vi la Reĝon de la Judoj?40 Kaj ili kriis denove, dirante:Ne ĉi tiun, sed Barabason. Barabas estis rabisto.
1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar 'n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.2 En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.3 En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens.4 En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?5 Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasar,ner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.6 Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.7 Hy vra hulle toe weer: Wie soek julle? En hulle sê: Jesus, die Nasar,ner.8 Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan --9 sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.10 En Simon Petrus wat 'n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.11 Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?12 En die afdeling en die owerste oor duisend en die dienaars van die Jode het Jesus gevange geneem en Hom geboei;13 en hulle het Hom weggelei, eers na Annas; want Hy was die skoonvader van K jafas wat daardie jaar hoëpriester was.14 En dit was K jafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.15 En Simon Petrus en 'n ander dissipel het Jesus gevolg; en daardie dissipel was met die hoëpriester bekend en het saam met Jesus ingegaan in die binneplaas van die hoëpriester se paleis.16 Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.17 Toe sê die diensmeisie, die deurwagster, vir Petrus: Jy is tog nie ook een van die dissipels van hierdie mens nie? Hy sê: Ek is nie.18 En die diensknegte en die dienaars het by 'n koolvuur gestaan wat hulle gemaak het -- want dit was koud -- en hulle het hul warm gemaak. En Petrus het by hulle gestaan en hom warm gemaak.19 Die hoëpriester ondervra Jesus toe oor sy dissipels en oor sy leer.20 Jesus antwoord hom: Ek het ronduit tot die wêreld gespreek; Ek het altyd in die sinagoge geleer en in die tempel waar die Jode van alle kante vergader; en in die geheim het Ek niks gespreek nie.21 Wat ondervra u My? Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek tot hulle gespreek het; hulle weet tog wat Ek gesê het.22 En toe Hy dit sê, het een van die dienaars wat daar staan, Jesus in die aangesig geslaan en gesê: Antwoord U die hoëpriester so?23 Jesus antwoord hom: As Ek verkeerd gespreek het, getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het, waarom slaan jy My?24 En Annas het Hom geboeid na K jafas, die hoëpriester, gestuur.25 En Simon Petrus het hom staan en warm maak. En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie.26 Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie?27 En Petrus het dit weer ontken; en dadelik het die haan gekraai.28 Toe neem hulle Jesus van K jafas na die goewerneur se paleis. En dit was vroeg in die môre ; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die pasga kon eet.29 En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?30 Hulle antwoord en sê vir hom: As Hy geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het nie.31 En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie --32 sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.33 Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode?34 Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê?35 Pilatus antwoord: Is ek dan 'n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?36 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.38 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.39 Maar julle het 'n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?40 Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Bar bbas! En Bar bbas was 'n rower.