Publicidade

Lucas 20

1 Kaj en unu el la tagoj, dum li instruis la popolon en la templo kaj predikis la evangelion, la ĉefpastroj kaj la skribistoj venis kun la pliaĝuloj;2 kaj ili ekparolis, dirante al li:Diru al ni:Laŭ kia aŭtoritato vi ĉi tion faras? aŭ kiu estas tiu, kiu donis al vi tian aŭtoritaton?3 Kaj responde li diris al ili:Mi ankaŭ faros al vi demandon, kaj diru al mi:4 La baptado de Johano, ĉu ĝi estis el la ĉielo, aŭ el homoj?5 Kaj ili diskutis inter si, dirante:Se ni diros:El la ĉielo; li diros:Kial vi ne kredis al li?6 Sed se ni diros:El homoj; la tuta popolo ŝtonmortigos nin, ĉar ili estas konvinkitaj, ke Johano estis profeto.7 Kaj ili respondis, ke ili ne scias, de kie ĝi estis.8 Kaj Jesuo diris al ili:Kaj mi ne diras al vi, laŭ kia aŭtoritato mi faras ĉi tion.9 Kaj li komencis paroli al la popolo la jenan parabolon:Unu viro plantis vinberĝardenon, kaj luigis ĝin al kultivistoj, kaj forvojaĝis por longa tempo.10 Kaj en la ĝusta tempo li sendis sklavon al la kultivistoj, por ke ili donu al li el la frukto de la vinberejo; sed la kultivistoj skurĝis lin, kaj forsendis lin senhava.11 Kaj li sendis ankoraŭ alian sklavon, kaj lin ankaŭ ili skurĝis kaj malhonoris, kaj forsendis lin senhava.12 Kaj li sendis ankoraŭ trian, kaj lin ankaŭ ili vundis kaj elĵetis.13 Kaj la sinjoro de la vinberejo diris:Kion mi faru? Mi sendos mian amatan filon; eble lin ili respektos.14 Sed kiam la kultivistoj lin vidis, ili diskutis unu kun alia, dirante:Ĉi tiu estas la heredonto; ni lin mortigu, por ke la heredaĵo fariĝu nia.15 Kaj ili elĵetis lin el la vinberejo kaj lin mortigis. Kion do faros al ili la sinjoro de la vinberejo?16 Li venos kaj pereigos ĉi tiujn kultivistojn, kaj donos la vinberejon al aliaj. Kaj aŭdinte tion, ili diris:Ne tiel estu.17 Sed li, rigardante ilin, diris:Kio do estas la jena skribitaĵo: Ŝtono, kiun malŝatis la konstruantoj, Fariĝis ŝtono bazangula?18 Ĉiu, kiu falas sur tiun ŝtonon, rompiĝos; sed sur kiun ĝi falos, tiun ĝi polvigos.19 Kaj la skribistoj kaj ĉefpastroj celis meti manojn sur lin en tiu sama horo, kaj ili timis la popolon; ĉar ili eksciis, ke kontraŭ ili li parolis ĉi tiun parabolon.20 Kaj ili observis lin, kaj elsendis spionojn, kiuj ŝajnigis sin justaj, por ke ili ekkaptu lian parolon, celante transdoni lin al la potenco kaj aŭtoritato de la provincestro.21 Kaj ili demandis lin, dirante:Majstro, ni scias, ke vi prave parolas kaj instruas, kaj ne akceptas ies personon, sed instruas laŭ vero la vojon de Dio:22 Ĉu konvenas al ni doni tributon al Cezaro, aŭ ne?23 Sed sciante ilian ruzecon, li diris al ili:24 Montru al mi denaron. Kies bildon kaj surskribaĵon ĝi portas? Kaj ili respondis:De Cezaro.25 Kaj li diris al ili:Tial redonu al Cezaro la propraĵon de Cezaro, kaj al Dio la propraĵon de Dio.26 Kaj ili ne povis ekkapti la diron antaŭ la popolo; kaj ili miris pro lia respondo, kaj silentis.27 Kaj venis iuj el la Sadukeoj, kiuj diras, ke ne estas releviĝo; kaj ili demandis lin,28 dirante:Majstro, Moseo skribis por ni, ke, se ies frato mortos, havante edzinon, kaj li estas seninfana, lia frato prenu la edzinon kaj naskigu idaron al sia frato.29 Estis do sep fratoj; kaj la unua edziĝis, kaj mortis seninfana;30 ankaŭ la dua;31 kaj la tria ŝin prenis; kaj tiel same ankaŭ la sep ne lasis infanojn, kaj mortis.32 Laste mortis ankaŭ la virino.33 En la releviĝo do por kiu el ili ŝi estos edzino? ĉar la sep havis ŝin kiel edzinon.34 Kaj Jesuo diris al ili:La filoj de ĉi tiu mondo edziĝas kaj estas edzigataj;35 sed kiuj estas juĝitaj indaj atingi tiun mondon kaj la releviĝon el la mortintoj, tiuj nek edziĝas nek edziniĝas;36 ĉar ili ne plu povas morti; ĉar ili estas egalaj kun la anĝeloj, kaj estas filoj de Dio, estante filoj de la releviĝo.37 Sed ke la mortintoj leviĝas, Moseo mem montris en la arbetaĵo, kiam li nomis la Eternulon la Dio de Abraham kaj la Dio de Isaak kaj la Dio de Jakob.38 Li estas Dio ne de mortintoj, sed de la vivantoj, ĉar ĉiuj vivas al Li.39 Kaj iuj el la skribistoj responde diris:Majstro, vi bone diris.40 Kaj ili ne plu kuraĝis fari al li demandon.41 Kaj li diris al ili:Kiel oni diras, ke la Kristo estas filo de David?42 Ĉar David mem diras en la Psalmaro: La Eternulo diris al mia Sinjoro: Sidu dekstre de Mi,43 Ĝis Mi faros viajn malamikojn benketo por viaj piedoj.44 Tial David nomas lin Sinjoro, kaj kiamaniere li estas lia filo?45 Kaj dum la tuta popolo aŭskultis, li diris al siaj disĉiploj:46 Gardu vin kontraŭ la skribistoj, kiuj amas promenadi en roboj kaj amas salutojn sur la placoj, kaj ĉefseĝojn en la sinagogoj, kaj ĉeflokojn ĉe festenoj;47 kaj kiuj formanĝas domojn de vidvinoj, kaj por preteksto longe preĝas. Ĉi tiuj ricevos pli severan kondamnon.

1 En op een van die dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,2 en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?3 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra -- sê vir My:4 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel -- sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?6 En as ons sê: Uit mense sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.7 Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.8 En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.9 Toe begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir 'n geruime tyd op reis gegaan.10 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.11 En hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.12 En hy het weer 'n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.13 Toe sê die eienaar van die wingerd: Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.14 Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s'n kan wees.15 En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?16 Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!17 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?18 Elkeen wat op die steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.19 Toe probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.20 En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op 'n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.21 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer --22 is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?23 Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?24 Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n.25 Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.26 En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.27 En sommige van die Sadduseërs het gekom -- hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is -- en Hom gevra28 en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.29 Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en kinderloos gesterwe.30 En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.31 En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.32 En ten laaste het die vrou ook gesterwe.33 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? want al sewe het haar as vrou gehad.34 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;35 maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.36 Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.37 En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.38 Hy is tog nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.39 En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.40 En hulle het Hom nie meer iets durf vra nie.41 Toe sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?42 En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand43 totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.44 Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?45 En terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:46 Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.47 Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-