Publicidade

Mateus 8

1 Kaj kiam li malsupreniris de la monto, lin sekvis grandaj homamasoj.2 Kaj jen venis al li leprulo kaj adorkliniĝis al li, dirante:Sinjoro, se vi volas, vi povas min purigi.3 Kaj li etendis la manon kaj tuŝis lin, dirante:Mi volas; estu purigita. Kaj tuj lia lepro estis purigita.4 Kaj Jesuo diris al li:Zorgu, ke vi diru al neniu. Sed iru, montru vin al la pastro, kaj oferu la donon, kiun Moseo ordonis, por atesto al ili.5 Kaj kiam li eniris en Kapernaumon, venis al li centestro, petante lin,6 kaj dirante:Sinjoro, mia knabo kuŝas paralizulo en la domo, kaj terure suferas.7 Kaj li diris al li:Mi venos, kaj sanigos lin.8 Kaj la centestro responde diris:Sinjoro, mi ne estas inda, ke vi venu sub mian tegmenton; sed nur parolu vorte, kaj mia knabo saniĝos.9 Ĉar mi ankaŭ estas homo sub aŭtoritato, havante soldatojn sub mi; kaj mi diras al ĉi tiu:Iru; kaj li iras; kaj al alia:Venu; kaj li venas; kaj al mia sklavo:Faru ĉi tion; kaj li ĝin faras.10 Kaj kiam Jesuo tion aŭdis, li miris, kaj diris al la sekvantoj:Vere mi diras al vi, ke ĉe neniu en Izrael mi trovis tiom da fido.11 Kaj mi diras al vi, ke multaj venos el la oriento kaj la okcidento, kaj sidiĝos kun Abraham kaj Isaak kaj Jakob en la regno de la ĉielo;12 sed la filoj de la regno estos elĵetitaj en la eksteran mallumon; tie estos la plorado kaj la grincado de dentoj.13 Kaj Jesuo diris al la centestro:Iru; kiel vi kredis, tiel estu farite al vi. Kaj lia knabo saniĝis en tiu sama horo.14 Kaj kiam Jesuo venis en la domon de Petro, li vidis lian bopatrinon kuŝanta, malsana de febro.15 Kaj li tuŝis ŝian manon, kaj la febro forlasis ŝin; kaj ŝi leviĝis kaj servis al li.16 Kaj kiam vesperiĝis, oni venigis al li multajn demonhavantojn; kaj li elpelis la spiritojn per vorto, kaj sanigis ĉiujn malsanulojn;17 por ke plenumiĝu tio, kio estis dirita per la profeto Jesaja, nome:Li mem prenis niajn malfortaĵojn kaj portis niajn malsanojn.18 Kaj kiam Jesuo vidis ĉirkaŭ si grandan homamason, li ordonis transiri al la alia bordo.19 Kaj venis unu skribisto, kaj diris al li:Majstro, mi vin sekvos, kien ajn vi iros.20 Kaj Jesuo diris al li:La vulpoj havas kavojn, kaj la birdoj de la ĉielo havas ripozejojn; sed la Filo de homo ne havas, kie kuŝigi sian kapon.21 Kaj alia el la disĉiploj diris al li:Sinjoro, permesu al mi unue iri kaj enterigi mian patron.22 Sed Jesuo diris al li:Sekvu min, kaj lasu la mortintojn enterigi siajn mortintojn.23 Kaj kiam li eniris en ŝipeton, liaj disĉiploj lin sekvis.24 Kaj jen okazis granda malsereno sur la maro, tiel ke la ŝipeto estis kovrita de la ondoj; sed li dormadis.25 Kaj ili venis, kaj vekis lin, dirante:Sinjoro, savu; ni pereas.26 Kaj li diris al ili:Kial vi estas timemaj, ho malgrandfiduloj? Tiam li leviĝis, kaj admonis la ventojn kaj la maron; kaj fariĝis granda sereno.27 Kaj la homoj miregis, dirante:Kia estas ĉi tiu, ke eĉ la ventoj kaj la maro lin obeas?28 Kaj kiam li venis al la alia bordo, en la landon de la Gadaranoj, lin renkontis du demonhavantoj, elvenante el inter la tomboj, tre furiozaj, tiel, ke neniu povis preterpasi per tiu vojo.29 Kaj jen ili kriis, dirante:Kio estas inter ni kaj vi, ho Filo de Dio? ĉu vi venis ĉi tien, por turmenti nin antaŭ la tempo?30 Kaj malproksime de ili estis granda grego da porkoj, paŝtiĝantaj tie.31 Kaj la demonoj petegis lin, dirante:Se vi elpelos nin, forsendu nin en la gregon da porkoj.32 Kaj li diris al ili:Iru. Kaj elirinte, ili foriris en la porkojn; kaj jen kuris la tuta grego malsupren de la krutaĵo en la maron, kaj pereis en la akvoj.33 Kaj la paŝtistoj forkuris kaj iris en la urbon, kaj rakontis ĉion, kaj pri la demonhavintoj.34 Kaj jen la tuta urbo elvenis renkonte al Jesuo; kaj vidinte lin, ili petegis, ke li transiru el iliaj limoj.

1 En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg;2 en daar het 'n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.3 Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.4 En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses voorgeskrywe het, tot 'n getuienis vir hulle.5 En nadat Jesus in Kapernaum ingegaan het, kom daar 'n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom6 en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.7 Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net 'n woord, en my kneg sal gesond word.9 Want ek is ook 'n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie.11 Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.13 Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.14 En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors.15 En Hy het haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hulle bedien.16 En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met 'n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,17 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.18 En toe Jesus groot menigtes rondom Hom sien, het Hy bevel gegee om te vertrek na die oorkant.19 En 'n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.20 En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.21 En 'n ander een van sy dissipels het vir Hom gesê: Here, laat my toe om eers te gaan en my vader te begrawe.22 Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.23 En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.24 En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.25 Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom.27 En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?28 En toe Hy aan die oorkant kom, in die land van die Gadareners, het twee duiwelbesetenes Hom ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.29 En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?30 En ver van hulle af het 'n groot trop varke gewei.31 En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.32 En Hy sê vir hulle: Gaan! Toe gaan hulle uit en vaar in die trop varke in; en daar storm die hele trop varke van die krans af die see in en kom in die water om.33 En die wagters het gevlug; en toe hulle in die stad kom, het hulle alles vertel, ook wat met die besetenes gebeur het.34 En kyk, die hele stad het uitgekom, Jesus tegemoet; en toe hulle Hom sien, smeek hulle dat Hy uit hulle gebied moet weggaan.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-