1 Kaj la Eternulo diris al mi plue:Iru, kaj komencu amaĵon kun virino, kiun amas ŝia edzo, sed kiu adultas, simile al tio, kiel la Eternulo amas la Izraelidojn, sed ili turnas sin al aliaj dioj kaj amas iliajn vinberkukojn.2 Kaj mi akiris ŝin al mi per dek kvin arĝentaj moneroj kaj ĥomero kaj duono da hordeo.3 Kaj mi diris al ŝi:Longan tempon restu ĉe mi; ne malĉastu, kaj fordonu vin al neniu viro; tiel same mi agos kun vi.4 Ĉar dum longa tempo la Izraelidoj restos sen reĝo, sen estro, sen oferoj, sen statuo, sen efodo, kaj sen domaj dioj;5 poste la Izraelidoj returnos sin, kaj serĉos la Eternulon, sian Dion, kaj Davidon, sian reĝon, kaj ili respektegos la Eternulon kaj Lian bonon en la fina tempo.
1 En die HERE het vir my gesê: Gaan nog 'n keer, bemin 'n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die HERE die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke.2 Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en anderhalf homer gars.3 En ek het aan haar gesê: Jy sal 'n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie en aan geen man behoort nie; en so ook ek teenoor jou.4 Want die kinders van Israel sal 'n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode.5 Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae.