Publicidade

Tiago 1

1 Jakobo, servisto de Dio kaj de la Sinjoro Jesuo Kristo, al la dek du triboj, kiuj estas dispelitaj:Saluton!2 Rigardu ĉion kiel ĝojigan, miaj fratoj, kiam vi falas en diversajn tentojn,3 sciante, ke la provado de via fido faras paciencon.4 Kaj la pacienco havu sian perfektan faradon, por ke vi estu perfektaj kaj kompletaj, ne havante mankon.5 Sed se al iu el vi mankas saĝeco, li petu Dion, kiu donacas al ĉiuj malavare kaj ne riproĉas, kaj ĝi estos al li donata.6 Sed li petu en fido, neniel dubante; ĉar la dubanto similas ondon de la maro, ventopelatan kaj skuatan.7 Ĉar tiu homo ne pensu, ke li ricevos ion de la Sinjoro-8 duoblanima homo, ŝanceliĝa en ĉiuj siaj vojoj.9 Sed la malaltranga frato ĝoju pri sia alteco;10 kaj la riĉulo pri sia humiliĝo; ĉar kiel floro de herbo li forpasos.11 Ĉar la suno leviĝas kun la brulvento kaj sekigas la herbon, kaj ĝia floro falas, kaj la gracio de ĝia formo pereas; tiel ankaŭ la riĉulo velkos en siaj vojoj.12 Feliĉa estas la homo, kiu elportas tenton; ĉar kiam li estos elprovita, li ricevos la kronon de vivo, kiun la Sinjoro promesis al tiuj, kiuj lin amas.13 Neniu diru, kiam li estas tentata:Mi estas tentata de Dio; ĉar Dio ne estas tentebla de malbono, kaj Li mem tentas neniun;14 sed ĉiu estas tentata, kiam li estas fortirata de sia dezirado, kaj delogata.15 Tiam la dezirado, gravediĝinte, naskas pekon; kaj la peko, maturiĝinte, naskas morton.16 Ne trompiĝu, miaj amataj fratoj.17 Ĉiu bona donaĵo kaj ĉiu perfekta donaco estas de supre, malsuprenvenante de la Patro de lumoj, ĉe kiu ne povas ekzisti ŝanĝo, nek ombro de sinturnado.18 Laŭ Sia propra volo Li naskis nin per la vorto de la vero, por ke ni estu kvazaŭ unuaaĵo de Liaj kreitaĵoj.19 Tion vi scias, miaj amataj fratoj. Sed ĉiu rapidu aŭdi, malrapidu paroli, malrapidu koleri;20 ĉar la kolero de homo ne efektivigas la justecon de Dio.21 Tial, formetinte ĉian malpurecon kaj superfluon de malico, akceptu kun humileco la enplantitan vorton, kiu povas savi viajn animojn.22 Sed estu plenumantoj de la vorto, kaj ne nur aŭskultantoj, trompantaj vin mem.23 Ĉar se iu estas aŭskultanto de la vorto, kaj ne plenumanto, li similas iun, kiu rigardas sian naturan vizaĝon en spegulo;24 ĉar li sin rigardas kaj foriras, kaj tuj forgesas, kia li estis.25 Sed tiu, kiu fikse rigardas en la perfektan leĝon, la leĝon de libereco, kaj tiel restas, ne estante aŭskultanto, kiu forgesas, sed plenumanto, kiu energias, tiu estos benata en sia faro.26 Se iu ŝajnas al si religia, ne bridante sian langon, sed trompante sian koron, ties religio estas vanta.27 Religio pura kaj senmakula antaŭ nia Dio kaj Patro estas jena:viziti orfojn kaj vidvinojn en ilia mizero, kaj sin gardi sen malpuriĝo de la mondo.

1 Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.7 Want die mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie --8 so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.9 Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,10 en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.11 Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.18 Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.19 So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.20 Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.23 Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, die is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien;24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.27 Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is d¡t: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

Veja também

Publicidade
Tiago
Ver todos os capítulos de Tiago
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-