1 Kion do, ni diros, trovis Abraham, nia praavo laŭ la karno?2 Ĉar se Abraham praviĝis per faroj, li havas ion, pri kio fieri, sed ne antaŭ Dio.3 Ĉar kion diras la Skribo? Kaj Abraham kredis al Dio, kaj tio estis kalkulita al li kiel virto.4 Al tiu, kiu laboras, la salajro estas kalkulata ne kiel favoro, sed kiel ŝuldo.5 Sed al tiu, kiu ne laboras, sed kredas al Tiu, kiu pravigas la malpiulon, lia fido estas kalkulata kiel virto.6 Kiel David ankaŭ pridiras la feliĉon de la homo, al kiu Dio kalkulas virton ekster faroj,7 dirante: Feliĉaj estas tiuj, kies krimoj estas pardonitaj, Kies pekoj estas kovritaj.8 Feliĉa estas la homo, al kiu la Eternulo ne kalkulas lian kulpon.9 Ĉu do ĉi tiu feliĉo apartenas al la cirkumcidularo, aŭ al la necirkumcidularo ankaŭ? Ĉar ni diras, ke al Abraham la fido estis kalkulita kiel virto.10 Kiel do ĝi estis kalkulita? kiam li estis en cirkumcido, aŭ en necirkumcido? Ne en cirkumcido, sed en necirkumcido;11 kaj li ricevis la signon de cirkumcido, kiel sigelon de la virto de la fido, kiu ekzistis en lia necirkumcido; por ke li estu la patro de ĉiuj, kiuj ankoraŭ en necirkumcido kredas, por ke virto estu kalkulata al ili;12 kaj la patro de cirkumcido al tiuj, kiuj ne nur estas anoj de la cirkumcido, sed kiuj ankaŭ sekvas la paŝojn de tiu fido, kiun nia patro Abraham havis dum sia necirkumcido.13 Ĉar ne per la leĝo fariĝis la promeso al Abraham aŭ al lia idaro, ke li estos heredanto de la mondo, sed per la virto el fido.14 Ĉar se tiuj, kiuj estas laŭ la leĝo, estas heredantoj, la fido nuliĝis, kaj la promeso vantiĝis;15 ĉar la leĝo elfaras koleron; sed kie ne ekzistas leĝo, tie ankaŭ ne ekzistas transpaŝo.16 Ĝi do estas el fido por tio, ke ĝi estu laŭ graco; por ke la promeso estu firma al la tuta idaro, ne nur al tiu, kiu estas el la leĝo, sed ankaŭ al tiu, kiu estas el la fido de Abraham, kiu estas la patro de ni ĉiuj17 (kiel estas skribite:Mi faris vin patro de multe da popoloj) antaŭ Tiu, al kiu li kredis, nome Dio, kiu vivigas la mortintojn, kaj vokas la neekzistantaĵojn, kvazaŭ ili ekzistus.18 Li ekster espero kredis en espero, por ke li fariĝu patro de multe da popoloj, laŭ la diritaĵo:Tiel estos via idaro.19 Kaj ne senfortigite en fido, li pripensis sian propran korpon jam pereintan (estante preskaŭ centjara), kaj la senvivecon de la utero de Sara;20 tamen pri la promeso de Dio li ne ŝanceliĝis en nekredemo, sed fortiĝis per fido, donante la gloron al Dio,21 kaj plene certigite, ke tion, kion Li promesis, Li povas ankaŭ fari.22 Tial ĝi estis kalkulita al li kiel virto.23 Kaj ne por li sola estis skribite, ke ĝi estis kalkulita al li;24 sed ankaŭ por ni, al kiuj ĝi estos kalkulata, kaj kiuj kredas al Tiu, kiu levis el la mortintoj Jesuon, nian Sinjoron,25 kiu estis transdonita pro niaj pekoj kaj estis relevita por nia pravigo.
1 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;12 en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.13 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.14 Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak.15 Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.16 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal17 soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.18 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.19 En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee21 en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.22 Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.23 Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie,24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.