1 Le mosche morte fanno puzzare e imputridire l’olio del profumiere; un po’ di follia guasta il pregio della sapienza e della gloria. 2 Il saggio ha il cuore alla sua destra, ma lo stolto lo ha alla sua sinistra. 3 Anche quando lo stolto va per la via, il senno gli manca e mostra a tutti che è uno stolto. 4 Se il sovrano si adira contro di te, non lasciare il tuo posto; perché la calma previene grandi peccati. 5 C’è un male che ho visto sotto il sole, un errore che procede da chi governa: 6 che, cioè, la stoltezza occupa posti altissimi e i ricchi siedono in luoghi bassi. 7 Ho visto degli schiavi a cavallo e dei prìncipi camminare a piedi come degli schiavi.
8 Chi scava una fossa vi cadrà dentro, e chi demolisce un muro sarà morso dalla serpe. 9 Chi smuove le pietre ne rimarrà contuso, e chi spacca la legna corre un pericolo.
10 Se il ferro perde il taglio e uno non lo arrota, bisogna che raddoppi la forza; ma la sapienza ha il vantaggio di riuscire sempre.
11 Se il serpente morde prima di essere incantato, l’incantatore diventa inutile.
12 Le parole della bocca del saggio sono piene di grazia; ma le labbra dello stolto sono causa della sua rovina. 13 Il principio delle parole della sua bocca è stoltezza, e la fine del suo dire è malvagia pazzia.
14 Lo stolto moltiplica le parole; eppure l’uomo non sa quello che gli avverrà; e chi gli dirà quello che succederà dopo di lui? 15 La fatica dello stolto lo stanca, perché egli non sa neppure la via della città.
16 Guai a te, o paese il cui re è un bambino, e i cui prìncipi mangiano fin dal mattino! 17 Beato te, o paese, il cui re è di nobile stirpe, e i cui prìncipi si mettono a tavola al tempo convenevole, per ristorare le forze e non per ubriacarsi!
18 Per la pigrizia sprofonda il soffitto; per la rilassatezza delle mani piove in casa.
19 Il convito è fatto per gioire, il vino rende gaia la vita, e il denaro risponde a tutto.
20 Non maledire il re, neppure con il pensiero; e non maledire il ricco nella camera dove tu dormi; poiché un uccello del cielo potrebbe spargerne la voce, e un messaggero alato pubblicare la cosa.
1 DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.
3 Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.
4 As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.
5 Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:
6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.
7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.
8 Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt.
9 Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.
10 As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.
11 As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.
12 Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.
13 Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.
14 En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?
15 Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.
16 Wee jou, o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.
17 Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.
18 Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.
19 Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.
20 Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.