1 Bada ai tuoi passi quando vai alla casa di Dio, e avvicinati per ascoltare, anziché per offrire il sacrificio degli stolti, i quali non sanno neppure che fanno male. 2 Non essere precipitoso nel parlare, e il tuo cuore non si affretti a proferire parola davanti a Dio, perché Dio è in cielo e tu sei sulla terra; le tue parole siano dunque poche, 3 poiché con la moltitudine delle occupazioni vengono i sogni, e con la moltitudine delle parole i ragionamenti insensati.
4 Quando hai fatto un voto a Dio, non esitare ad adempierlo; poiché egli non si compiace degli stolti; adempi il voto che hai fatto. 5 Meglio è per te non fare voti, che farne e poi non adempierli. 6 Non permettere alla tua bocca di renderti colpevole; non dire davanti al messaggero di Dio: "È stato uno sbaglio". Dio dovrebbe forse adirarsi per le tue parole e distruggere l’opera delle tue mani? 7 Poiché, se vi sono delle vanità nella moltitudine dei sogni, ve ne sono anche nella moltitudine delle parole; perciò temi Dio!
8 Se vedi nella provincia l’oppressione del povero e la violazione del diritto e della giustizia, non ti meravigliare; poiché sopra un uomo in alto veglia uno che sta più in alto, e sopra di loro c’è un Altissimo. 9 Ma per un paese è vantaggioso, in ogni caso, un re che si faccia servo dei campi.
10 Chi ama l’argento non è saziato con l’argento e chi ama le ricchezze non ne trae profitto di sorta. Anche questo è vanità. 11 Quando abbondano i beni, abbondano anche quelli che li mangiano; e quale vantaggio ne viene ai possessori, se non di vedere quei beni con i loro occhi? 12 Dolce è il sonno del lavoratore, abbia egli poco o molto da mangiare; ma la sazietà del ricco non lo lascia dormire.
13 C’è un male grave che io ho visto sotto il sole; delle ricchezze conservate dal loro possessore, per sua sventura. 14 Queste ricchezze vanno perdute per qualche avvenimento funesto; e se ha generato un figlio, questi resta con nulla in mano. 15 Uscito nudo dal seno di sua madre, quel possessore se ne va come era venuto; e di tutta la sua fatica non può prendere nulla da portare con sé in mano. 16 Anche questo è un male grave: che egli se ne vada tale e quale era venuto; e quale profitto gli viene dall’aver faticato per il vento? 17 Per di più, durante tutta la vita, egli mangia nelle tenebre e ha molti fastidi, malanni e crucci.
18 Ecco quello che ho visto: cosa buona e bella è per l’uomo mangiare, bere, godere del benessere in mezzo a tutta la fatica che egli sostiene sotto il sole, tutti i giorni di vita che Dio gli ha dato; poiché questa è la sua parte. 19 E ancora, se Dio ha dato a un uomo delle ricchezze e dei tesori, e gli ha dato potere di goderne, di prenderne la sua parte e di gioire della sua fatica, questo è un dono di Dio; 20 poiché un tale uomo non si ricorderà troppo dei giorni della sua vita, poiché Dio gli concede gioia nel cuore.
1 WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.
2 Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.
3 As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
5 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?
6 Want soos daar baie drome is, so is daar ook nietige woorde in menigte, maar vrees God!
7 As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land — verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle.
8 Maar 'n voordeel vir 'n land onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word.
9 Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.
10 As die goed baie word, word die eters baie; watter voordeel het die besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë dit aanskou?
11 Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.
12 Daar is 'n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk.
13 Gaan hierdie rykdom verlore deur 'n ongeval, en het hy 'n seun verwek, dan besit dié niks nie.
14 Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.
15 So is dit dan ook 'n smartlike onheil: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir wind?
16 Ook eet hy sy lewe lank in duisternis en het baie ergernis; daarby sy lyding en toorn!
17 Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.
18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van God.
19 Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat God hom laat besig wees met die vreugde van sy hart.