Publicidade

2 Crônicas 14

AFR53
Asa, re di Giuda. Vittoria su Zera e sugli Etiopi

1 Asa fece ciò che è buono e retto agli occhi dell’Eterno, del suo Dio. 2 Tolse via gli altari degli dèi stranieri e gli alti luoghi; spezzò le statue, abbatté gli idoli di Astarte; 3 e ordinò a Giuda di cercare l’Eterno, l’Iddio dei suoi padri, e di mettere in pratica la sua legge e i suoi comandamenti. 4 Tolse anche via da tutte le città di Giuda gli alti luoghi e le colonne solari; e, sotto di lui, il regno ebbe pace. 5 Egli costruì delle città fortificate in Giuda, poiché il paese era tranquillo, e in quegli anni non c’era nessuna guerra contro di lui, perché l’Eterno gli aveva dato pace. 6 Egli diceva agli abitanti di Giuda: "Costruiamo queste città, e circondiamole di mura, di torri, di porte e di sbarre; il paese è ancora a nostra disposizione, perché abbiamo cercato l’Eterno, il nostro Dio; noi lo abbiamo cercato, ed egli ci ha dato riposo da ogni lato". Essi dunque si misero a costruire, e prosperarono. 7 Asa aveva un esercito di trecentomila uomini di Giuda che portavano scudo e lancia, e di duecentottantamila di Beniamino che portavano scudo e tiravano d’arco, tutti uomini forti e valorosi. 8 Zera, l’Etiopo, marciò contro di loro con un esercito di un milione di uomini e trecento carri, e avanzò fino a Maresa. 9 Asa gli andò incontro, e si disposero in ordine di battaglia nella valle di Sefata presso Maresa. 10 Allora Asa invocò l’Eterno, il suo Dio, e disse: "O Eterno, per te non c’è differenza tra il dare soccorso a chi è in gran numero, e il darlo a chi è senza forza; soccorrici, o Eterno, o nostro Dio! poiché noi ci appoggiamo su di te, e siamo venuti contro questa moltitudine nel tuo nome. Tu sei l’Eterno, il nostro Dio; non vinca l’uomo contro di te!". 11 E l’Eterno sconfisse gli Etiopi davanti ad Asa e davanti a Giuda, e gli Etiopi si diedero alla fuga. 12 Asa e la gente che era con lui li inseguirono fino a Gherar; e degli Etiopi ne caddero tanti, che non ne rimase più uno vivo; poiché furono fatti a pezzi davanti all’Eterno e davanti al suo esercito. E Asa e i suoi portarono via un immenso bottino; 13 e attaccarono tutte le città nei dintorni di Gherar, perché lo spavento dell’Eterno si era impadronito di esse; e quelli saccheggiarono tutte le città, perché c’era molto bottino; 14 assalirono anche i recinti delle mandrie, e condussero via un gran numero di pecore e di cammelli. Poi tornarono a Gerusalemme.

Regering van Asa. Sy oorwinnings oor die Kusiete.

1 EN Abía het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.

2 En Asa het gedoen wat goed en reg was in die van die Here sy God:

3 hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap

4 en aan Juda gesê om die Here, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.

5 Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.

6 Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die Here hom rus verskaf het.

7 Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons ; want ons het die Here onse God gesoek ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.

8 En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda driehonderdduisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, tweehonderd-en-tagtigduisend; hulle was almal dapper helde.

9 En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met 'n leër van 'n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa.

10 Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sefáta by Marésa.

11 En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.

12 En die Here het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.

13 En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die Here en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;

14 en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die Here was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was 'n groot buit in.

15 Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-