Publicidade

2 Crônicas 24

AFR53
Ioas, re di Giuda. Restauro del tempio. Morto Ieoiada, Ioas si all’idolatria. Fa uccidere Zaccaria e muore assassinato

1 Ioas aveva sette anni quando cominciò a regnare, e regnò quarant’anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Sibia da Beer-Sceba. 2 Ioas fece ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno durante tutto il tempo che visse il sacerdote Ieoiada. 3 Ieoiada prese per lui due mogli, dalle quali ebbe dei figli e delle figlie. 4 Dopo queste cose venne in cuore a Ioas di restaurare la casa dell’Eterno. 5 Radunò i sacerdoti e i Leviti, e disse loro: "Andate per le città di Giuda, e raccogliete anno per anno in tutto Israele del denaro per restaurare la casa del vostro Dio; e guardate di sollecitare la cosa". Ma i Leviti non si affrettarono. 6 Allora il re chiamò Ieoiada loro capo e gli disse: "Perché non hai ottenuto che i Leviti portassero da Giuda e da Gerusalemme la tassa che Mosè, servo dell’Eterno, e la comunità d’Israele stabilirono per la tenda della testimonianza?". 7 Poiché i figli di quella scellerata donna di Atalia avevano saccheggiato la casa di Dio e avevano perfino utilizzato per i Baali tutte le cose consacrate della casa dell’Eterno. 8 Il re dunque comandò che si facesse una cassa e che la si mettesse fuori, alla porta della casa dell’Eterno. 9 Poi fu intimato in Giuda e in Gerusalemme che si portasse all’Eterno la tassa che Mosè, servo di Dio, aveva imposto a Israele nel deserto. 10 E tutti i capi e tutto il popolo se ne rallegrarono e portarono il denaro e lo gettarono nella cassa finché tutti ebbero pagato. 11 Quando era il momento che i Leviti dovevano portare la cassa agli ispettori reali, perché vedevano che c’era molto denaro, il segretario del re e il commissario del sommo sacerdote venivano a svuotare la cassa; la prendevano, poi la riportavano al suo posto; facevano così ogni giorno, e raccolsero denaro in abbondanza. 12 Il re e Ieoiada lo davano a quelli incaricati di eseguire i lavori della casa dell’Eterno; e questi pagavano degli scalpellini e dei falegnami per restaurare la casa dell’Eterno, e anche dei lavoratori di ferro e di bronzo per restaurare la casa dell’Eterno. 13 Così gli incaricati dei lavori si misero all’opera, e con le loro mani furono compiute le riparazioni; essi rimisero la casa di Dio in buono stato, e la consolidarono. 14 Quando ebbero finito, portarono davanti al re e davanti a Ieoiada il rimanente del denaro, con il quale si fecero degli utensili per la casa dell’Eterno: degli utensili per il servizio e per gli olocausti, delle coppe, e altri utensili d’oro e d’argento. E durante tutta la vita di Ieoiada, si offrirono sempre olocausti nella casa dell’Eterno. 15 Ma Ieoiada, vecchio e sazio di giorni, morì; quando morì, aveva centotrent’anni; 16 e fu sepolto nella città di Davide con i re, perché aveva fatto del bene in Israele, per il servizio di Dio e della sua casa. 17 Dopo la morte di Ieoiada, i capi di Giuda vennero dal re e si prostrarono davanti a lui; allora il re diede loro ascolto; 18 ed essi abbandonarono la casa dell’Eterno, dell’Iddio dei loro padri, servirono gli idoli di Astarte e gli altri idoli; e questa loro colpa provocò l’ira dell’Eterno su Giuda e su Gerusalemme. 19 L’Eterno mandò loro dei profeti per ricondurli a e questi protestarono contro la loro condotta, ma essi non vollero ascoltarli. 20 Allora lo Spirito di Dio rivestì Zaccaria, figlio del sacerdote Ieoiada, il quale, in piedi al di sopra del popolo, disse loro: "Così dice Iddio: Perché voi trasgredite i comandamenti dell’Eterno? Voi non prospererete; poiché avete abbandonato l’Eterno, anch’egli vi abbandonerà". 21 Ma quelli fecero una congiura contro di lui, e lo lapidarono per ordine del re, nel cortile della casa dell’Eterno. 22 Il re Ioas non si ricordò della benevolenza usata verso di lui da Ieoiada, padre di Zaccaria, e gli uccise il figlio; il quale, morendo, disse: "L’Eterno lo veda e ne chieda conto!". 23 Trascorso l’anno, l’esercito dei Siri salì contro Ioas, e venne in Giuda e a Gerusalemme. Essi misero a morte tutti i capi fra il popolo, e mandarono tutto il bottino al re di Damasco. 24 Benché l’esercito dei Siri fosse venuto con un piccolo numero di uomini, l’Eterno diede loro nelle mani un esercito grandissimo, perché quelli avevano abbandonato l’Eterno, l’Iddio dei loro padri. Così i Siri fecero giustizia di Ioas. 25 E quando questi furono partiti da lui, lasciandolo in gravi sofferenze, i suoi servi ordirono contro di lui una congiura, perché egli aveva versato il sangue dei figli del sacerdote Ieoiada, e lo uccisero nel suo letto. Così morì, e fu sepolto nella città di Davide, ma non nei sepolcri dei re. 26 Quelli che congiurarono contro di lui furono Zabad, figlio di Simeat, un Ammonita, e Iozabad, figlio di Simrit, un Moabita. 27 Ora per quanto riguarda i suoi figli, il grande numero di tributi che gli furono imposti e il restauro della casa di Dio, si trova scritto nelle memorie del libro dei re. E Amasia, suo figlio, regnò al suo posto.

Joas laat die tempel herstel; sy afgodery die dood van Jójada. Hy bring Sagaría om die lewe, omdat dié sy afgodery bestraf het.

1 JOAS was sewe jaar oud toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Berséba.

2 En Joas het gedoen wat reg was in die van die Here, al die dae van die priester Jójada.

3 En Jójada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters.

4 En daarna het Joas hom voorgeneem om die huis van die Here te herstel.

5 Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die hele Israel om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en júlle moet gou maak met die saak! Maar die Leviete het nie gou gemaak nie.

6 Toe roep die koning die hoofpriester Jójada en vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting van Moses, die kneg van die Here, en van die vergadering van Israel vir die tent van die Getuienis inbring nie?

7 Want die goddelose Atália haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van die Here vir die Baäls gebruik.

8 Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die huis van die Here neer.

9 En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan die Here die belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.

10 Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was.

11 En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die geld baie is, kom die skrywer van die koning en die opsigter van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en geld in menigte versamel.

12 En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die Here gegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die Here te herstel, en ook yster- en kopersmede om die huis van die Here te verbeter.

13 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens sy oorspronklike bouplan en dit reggemaak.

14 En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jójada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van die Here, diens- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van die Here al die dae van Jójada.

15 En Jójada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd-en-dertig jaar oud toe hy gesterf het.

16 En hy is begrawe in die stad van Dawid by die konings; want hy het goed gedoen in Israel teenoor God sowel as teenoor sy huis.

17 Maar die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,

18 en hulle het die huis van die Here, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar 'n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.

19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na die Here terug te bring; en dié het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.

20 Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die Here verlaat het, het Hy julle verlaat.

21 Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die Here.

22 En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag die Here dit sien en rekenskap vorder!

23 En by die wisseling van die jaar het 'n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.

24 Alhoewel die leër van Aram met 'n geringe aantal manne gekom het, het die Here tog 'n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle die Here, die God van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen Joas.

25 En toe hulle van hom wegtrek want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

26 En dít is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.

27 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek koning geword.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-