1 Giosafat ebbe ricchezze e gloria in abbondanza, e si imparentò con Acab. 2 Dopo qualche anno scese a Samaria da Acab, e Acab fece uccidere per lui e per la gente che era con lui un gran numero di pecore e di buoi, e lo convinse a marciare con lui contro Ramot di Galaad. 3 Acab, re d’Israele, disse a Giosafat, re di Giuda: "Vuoi venire con me a Ramot di Galaad?": Giosafat gli rispose: "Conta su di me come su te stesso, sulla mia gente come sulla tua, e verremo con te alla guerra". 4 E Giosafat disse al re d’Israele: "Ti prego, consulta oggi la parola dell’Eterno". 5 Allora il re d’Israele radunò i profeti, in numero di quattrocento, e disse loro: "Dobbiamo andare a far guerra a Ramot di Galaad, o no?". Quelli risposero: "Va’, e Dio la darà nelle mani del re". 6 Ma Giosafat disse: "Non c’è qui nessun altro profeta dell’Eterno da poter consultare?". 7 Il re d’Israele rispose a Giosafat: "C’è ancora un uomo per mezzo del quale si potrebbe consultare l’Eterno; ma io lo odio perché non mi predice mai nulla di buono, ma sempre del male: è Micaia, figlio di Imla". E Giosafat disse: "Il re non dica così". 8 Allora il re d’Israele chiamò un eunuco, e gli disse: "Fa’ venire presto Micaia, figlio di Imla".
9 Ora il re d’Israele e Giosafat, re di Giuda, sedevano ciascuno sul proprio trono, vestiti dei loro abiti reali, nell’aia che è all’ingresso della porta di Samaria; e tutti i profeti profetizzavano davanti a loro. 10 Sedechia, figlio di Chenaana, si era fatto delle corna di ferro, e disse: "Così dice l’Eterno: ‘Con queste corna colpirai i Siri finché tu non li abbia completamente distrutti’". 11 E tutti i profeti profetizzavano nello stesso modo, dicendo: "Sali contro Ramot di Galaad, e vincerai; l’Eterno la darà nelle mani del re". 12 Ora il messaggero che era andato a chiamare Micaia, gli parlò così: "Ecco, tutti i profeti, concordi, predicono del bene al re; ti prego, il tuo parlare sia come quello di ognuno di loro, e predici del bene!". 13 Ma Micaia rispose: "Com’è vero che l’Eterno vive, io dirò quello che l’Eterno mi dirà". 14 E, quando giunse davanti al re, il re gli disse: "Micaia, dobbiamo andare a fare guerra a Ramot di Galaad, o no?". Egli rispose: "Andate pure, e vincerete; i nemici saranno dati nelle vostre mani". 15 Il re gli disse: "Quante volte dovrò scongiurarti di non dirmi altro che la verità nel nome dell’Eterno?". 16 Micaia rispose: "Ho visto tutto Israele disperso su per i monti, come pecore che non hanno pastore; e l’Eterno ha detto: ‘Questa gente non ha padrone; se ne torni ciascuno in pace a casa sua’". 17 Il re d’Israele disse a Giosafat: "Non te l’ho forse detto che costui non mi avrebbe predetto nulla di buono, ma soltanto del male?". 18 Micaia replicò: "Perciò ascoltate la parola dell’Eterno. Io ho visto l’Eterno che sedeva sul suo trono, e tutto l’esercito celeste che gli stava a destra e a sinistra. 19 E l’Eterno disse: ‘Chi sedurrà Acab, re d’Israele, affinché salga a Ramot di Galaad e vi muoia?’. E uno rispose in un modo e l’altro in un altro. 20 Allora si fece avanti uno spirito, il quale si presentò davanti all’Eterno, e disse: ‘Lo sedurrò io’. L’Eterno gli disse: ‘E come?’. 21 Egli rispose: ‘Io uscirò e sarò spirito di menzogna in bocca a tutti i suoi profeti’. L’Eterno gli disse: ‘Sì, riuscirai a sedurlo; esci, e fa’ così’. 22 E ora ecco che l’Eterno ha posto uno spirito di menzogna in bocca a questi tuoi profeti; ma l’Eterno ha pronunciato del male contro di te". 23 Allora Sedechia, figlio di Chenaana, si avvicinò, diede uno schiaffo a Micaia, e disse: "Per dove è passato lo Spirito dell’Eterno quando è uscito da me per parlare a te?". 24 Micaia rispose: "Lo vedrai il giorno che andrai di camera in camera per nasconderti!". 25 E il re d’Israele disse ai suoi servi: "Prendete Micaia, portatelo da Amon, governatore della città, e da Ioas, figlio del re, 26 e dite loro: ‘Così dice il re: Mettete costui in prigione, nutritelo di pane e di acqua di afflizione, finché io non ritorni sano e salvo’". 27 Micaia disse: "Se tu ritorni sano e salvo, non sarà l’Eterno che avrà parlato per bocca mia". E aggiunse: "Udite questo, o voi, popoli tutti!".
28 Il re d’Israele e Giosafat, re di Giuda, marciarono dunque contro Ramot di Galaad. 29 Il re d’Israele disse a Giosafat: "Io mi travestirò per andare in battaglia; ma tu mettiti i tuoi abiti reali". Il re d’Israele si travestì, e andarono in battaglia. 30 Ora il re di Siria aveva dato quest’ordine ai capitani dei suoi carri: "Non combattete contro nessuno, piccolo o grande, ma soltanto contro il re d’Israele". 31 Quando i capitani dei carri scorsero Giosafat, dissero: "Quello è il re d’Israele"; e lo circondarono per attaccarlo; ma Giosafat lanciò un grido, e l’Eterno lo soccorse; e Dio li attirò lontano da lui. 32 Quando i capitani dei carri si accorsero che egli non era il re d’Israele, cessarono di inseguirlo. 33 Ora qualcuno scoccò a caso la freccia del suo arco, e ferì il re d’Israele tra la corazza e le falde; così il re disse al suo cocchiere: "Svolta, portami fuori dal campo, perché sono ferito". 34 Ma la battaglia fu così accanita quel giorno, che il re fu trattenuto sul suo carro di fronte ai Siri fino alla sera, e sul tramontare del sole morì.
1 EN toe Jósafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.
2 En ná verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in Gílead op te trek.
3 Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.
4 Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die Here.
5 Toe laat die koning van Israel die profete, vierhonderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
6 Maar Jósafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die Here, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
7 En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die Here deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
8 Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.
9 Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,
10 het Sedekía, die seun van Kenáäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die Here: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
11 En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.
12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.
13 Maar Miga sê: So waar as die Here leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!
14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.
15 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die Here tot my moet spreek nie?
16 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die Here het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
17 Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
18 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die Here: Ek het die Here sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter- en sy linkerhand staan.
19 En die Here het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
20 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die Here staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die Here vra hom: Waarmee?
21 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
22 En nou, kyk, die Here het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die Here tog onheil oor u gespreek het.
23 Daarop kom Sedekía, die seun van Kenáäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die Here van my af weggegaan om met jou te spreek?
24 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
25 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
26 En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
27 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die Here nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
28 En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead.
29 En die koning van Israel het aan Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.
30 En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
31 En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Jósafat het geskreeu, en die Here het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.
32 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.
33 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
34 En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.