Publicidade

2 Crônicas 32

AFR53
Invasione di Sennacherib, re d’Assiria, e distruzione del suo esercito

1 Dopo queste cose e questi atti di fedeltà di Ezechia, Sennacherib, re d’Assiria, venne, entrò in Giuda e cinse di assedio le città fortificate, con l’intenzione di impadronirsene. 2 Quando Ezechia vide che Sennacherib era giunto e si proponeva di attaccare Gerusalemme, 3 deliberò con i suoi capi e con i suoi uomini valorosi di otturare le sorgenti d’acqua che erano fuori della città; ed essi gli prestarono aiuto. 4 Si radunò dunque un gran numero di gente e otturarono tutte le sorgenti e il torrente che scorreva attraverso il paese. "Perché", dicevano essi, "i re d’Assiria, venendo, dovrebbero trovare abbondanza di acqua?". 5 Ezechia prese coraggio, ricostruì tutte le mura che erano diroccate, rialzò le torri, costruì l’altro muro di fuori, fortificò Millo nella città di Davide, e fece fare una grande quantità di armi e di scudi. 6 Diede dei capi militari al popolo, li riunì presso di sulla piazza della porta della città, e parlò al loro cuore, dicendo: 7 "Siate forti e coraggiosi! Non temete e non vi spaventate a causa del re d’Assiria e della moltitudine che lo accompagna; poiché con noi c’è Uno più grande di ciò che è con lui. 8 Con lui c’è un braccio di carne; con noi c’è l’Eterno, il nostro Dio, per aiutarci e combattere le nostre battaglie". E il popolo fu rassicurato dalle parole di Ezechia, re di Giuda. 9 Dopo questo, Sennacherib, re d’Assiria, mentre stava di fronte a Lachis con tutte le sue forze, mandò i suoi servi a Gerusalemme per dire a Ezechia, re di Giuda, e a tutti quelli di Giuda che si trovavano a Gerusalemme: 10 "Così parla Sennacherib, re degli Assiri: In chi confidate voi per rimanervene così assediati in Gerusalemme? 11 Ezechia vi inganna per ridurvi a morire di fame e di sete, quando dice: L’Eterno, il nostro Dio, ci libererà dalle mani del re di Assiria. 12 Non è lo stesso Ezechia che ha soppresso gli alti luoghi e gli altari dell’Eterno, e che ha detto a Giuda e a Gerusalemme: Voi adorerete davanti a un unico altare e su quello offrirete profumi? 13 Non sapete voi quello che io e i miei padri abbiamo fatto a tutti i popoli degli altri paesi? Gli dèi delle nazioni di quei paesi hanno potuto liberare i loro paesi dalla mia mano? 14 Qual è fra tutti gli dèi di queste nazioni che i miei padri hanno sterminato, quello che abbia potuto liberare il suo popolo dalla mia mano? E potrebbe il vostro Dio liberare voi dalla mia mano? 15 Ora dunque Ezechia non vi inganni e non vi seduca in questa maniera; non prestategli fede! Poiché nessun dio di nessuna nazione o di nessun regno ha potuto liberare il suo popolo dalla mia mano o dalla mano dei miei padri; quantomeno il vostro Dio potrà liberare voi dalla mia mano!". 16 I servi di Sennacherib parlarono ancora contro l’Eterno Iddio e contro il suo servo Ezechia. 17 Sennacherib scrisse anche delle lettere, insultando l’Eterno, l’Iddio d’Israele, e parlando contro di lui, in questi termini: "Come gli dèi delle nazioni degli altri paesi non hanno potuto liberare i loro popoli dalla mia mano, così neanche l’Iddio di Ezechia potrà liberare dalla mia mano il suo popolo". 18 I servi di Sennacherib gridarono ad alta voce, in lingua giudaica, rivolgendosi al popolo di Gerusalemme che stava sulle mura, per spaventarlo e atterrirlo, e potersi così impadronire della città. 19 E parlarono dell’Iddio di Gerusalemme come degli dèi dei popoli della terra, che sono opera di mano di uomo. 20 Allora il re Ezechia e il profeta Isaia, figlio di Amots, pregarono a questo proposito e alzarono fino al cielo il loro grido. 21 L’Eterno mandò un angelo che sterminò nell’accampamento del re d’Assiria tutti gli uomini forti e valorosi, i prìncipi e i capi. E il re se ne tornò svergognato al suo paese. Appena fu entrato nella casa del suo dio, i suoi propri figli lo uccisero con la spada. 22 Così l’Eterno salvò Ezechia e gli abitanti di Gerusalemme dalla mano di Sennacherib, re d’Assiria, e dalla mano di tutti gli altri, e li protesse da ogni lato. 23 E molti portarono a Gerusalemme delle offerte all’Eterno, e degli oggetti preziosi a Ezechia, re di Giuda, il quale, da allora, acquistò grande considerazione agli occhi di tutte le nazioni.

Malattia e guarigione di Ezechia. Sua morte

24 In quel tempo Ezechia si ammalò di una malattia mortale; egli pregò l’Eterno, e l’Eterno gli parlò, e gli concesse un segno. 25 Ma Ezechia non fu riconoscente del beneficio che aveva ricevuto; poiché il suo cuore si inorgoglì, e l’ira dell’Eterno si volse contro di lui, contro Giuda e contro Gerusalemme. 26 Tuttavia Ezechia si umiliò dell’orgoglio del suo cuore, tanto lui, quanto gli abitanti di Gerusalemme; perciò l’ira dell’Eterno non si riversò sopra di loro durante la vita di Ezechia. 27 Ezechia ebbe immense ricchezze e grandissima gloria: e si fece dei depositi per riporvi argento, oro, pietre preziose, aromi, scudi, ogni sorta di oggetti di valore; 28 dei magazzini per i prodotti di grano, vino, olio; delle stalle per ogni sorta di bestiame, e degli ovili per le pecore. 29 Si costruì delle città ed ebbe greggi e mandrie in abbondanza, perché Dio gli aveva dato dei beni in grande quantità. 30 Ezechia fu colui che chiuse la sorgente superiore delle acque di Ghion, e le convogliò giù direttamente, dal lato occidentale della città di Davide. Ezechia riuscì felicemente in tutte le sue imprese. 31 Tuttavia, quando i capi di Babilonia gli inviarono dei messaggeri per informarsi del prodigio che era avvenuto nel paese, Iddio lo abbandonò, per metterlo alla prova e per conoscere tutto quello che egli aveva nel cuore. 32 Le rimanenti azioni di Ezechia e le sue opere pie si trovano scritte nella visione del profeta Isaia, figlio di Amots, inserita nel libro dei re di Giuda e d’Israele. 33 Ezechia si addormentò con i suoi padri e fu sepolto sulla salita dei sepolcri dei figli di Davide e, alla sua morte, tutto Giuda e gli abitanti di Gerusalemme gli resero onore. Manasse, suo figlio, regnò al suo posto.

Sánherib, die koning van Assirië, val Juda binne. Die Assiriërs word deur 'n engel verslaan.

1 hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.

2 En toe Jehiskía sien dat Sánherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg,

3 het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp:

4 baie mense het byeengekom en al die toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind?

5 En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak.

6 En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê:

7 Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.

8 By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is die Here onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.

9 Hierna het Sánherib, die koning van Assirië hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehiskía, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te :

10 So Sánherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem?

11 Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te : Die Here onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?

12 Het dieselfde Jehiskía nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dít gesê nie: Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan?

13 Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?

14 Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red dat julle God julle uit my hand sou kan red?

15 Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?

16 Sy dienaars het nog meer teen die Here God gespreek en teen sy kneg Jehiskía.

17 Hy het ook 'n brief geskrywe om die Here, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te : Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehiskía sy volk uit my hand nie red nie.

18 En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om dié bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem.

19 En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde 'n maaksel van mensehande.

20 Maar toe koning Jehiskía en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het,

21 stuur die Here 'n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.

22 En die Here het Jehiskía en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.

23 En baie het geskenke aan die Here na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehiskía, die koning van Juda, sodat hy daarna in die van al die nasies hoog gestaan het.

Siekte van Hiskía. Gesante uit Babel by hom. Sy rykdom en voorspoed en dood.

24 IN dié dae het Jehiskía dodelik siek geword, maar hy het tot die Here gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee.

25 Maar Jehiskía het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem.

26 Maar Jehiskía het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die Here nie oor hulle gekom het in die dae van Jehiskía nie.

27 En Jehiskía het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;

28 ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.

29 Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee.

30 Dieselfde Jehiskía het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehiskía was voorspoedig in al sy werk.

31 So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.

32 En die verdere geskiedenis van Jehiskía en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel.

33 En Jehiskía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-