1 Per il Maestro del coro. Salmo di Davide.
O Dio della mia lode, non tacere,
2 perché la bocca dell’empio e la bocca del disonesto
si sono aperte contro di me;
parlano contro di me con lingua bugiarda.
3 Mi assediano con parole d’odio
e mi hanno fatto guerra senza motivo.
4 In cambio dell’amore che mostro loro, mi accusano,
e io non faccio che pregare.
5 Essi mi hanno reso male per bene,
e odio in cambio del mio amore.
6 Suscita un empio contro di lui,
e un accusatore stia alla sua destra.
7 Quando sarà giudicato, esca condannato,
e la sua preghiera gli sia imputata come peccato.
8 Siano pochi i suoi giorni:
un altro prenda il suo ufficio.
9 Siano i suoi figli orfani
e la sua moglie vedova.
10 I suoi figli siano vagabondi e mendicanti
e cerchino il pane lontano dalle loro case in rovina.
11 L’usuraio divori tutto il suo patrimonio
ed estranei lo spoglino del frutto delle sue fatiche.
12 Nessuno sia misericordioso con lui
e nessuno abbia pietà dei suoi orfani.
13 La sua discendenza sia distrutta;
nella seconda generazione sia cancellato il loro nome!
14 L’iniquità dei suoi padri sia ricordata dall’Eterno,
e il peccato di sua madre non sia cancellato.
15 Siano quei peccati sempre davanti all’Eterno,
e faccia egli sparire dalla terra la sua memoria,
16 Infatti non si è ricordato di fare il bene,
ma ha perseguitato il misero, il povero,
e chi ha il cuore spezzato, per farlo morire.
17 Egli ha amato la maledizione,
e questa gli è venuta addosso;
non si è compiaciuto nella benedizione,
ed essa si tiene lontana da lui.
18 Si è avvolto di maledizione come se fosse la sua veste,
ed essa è penetrata come acqua, dentro di lui
e come olio nelle sue ossa.
19 Sia per lui come vestito che lo ricopre,
come cintura che lo lega per sempre!
20 Tale sia, da parte dell’Eterno, la ricompensa per i miei avversari
e per quelli che proferiscono del male contro l’anima mia.
21 Ma tu, o Eterno, o Signore, opera in mio favore,
per amor del tuo nome;
liberami, poiché la tua misericordia è buona.
22 Io sono misero e povero
e il mio cuore è piagato dentro di me.
23 Me ne vado come un’ombra che si allunga,
sono scacciato via come la locusta.
24 Le mie ginocchia vacillano per i digiuni
e il mio corpo è scarno e deperisce.
25 Sono diventato un obbrobrio per loro;
quando mi vedono, scuotono il capo.
26 Aiutami, o Eterno, mio Dio,
salvami per la tua grazia,
27 e sappiano che questo è opera della tua mano,
che sei tu, o Eterno, che l’hai fatto.
28 Essi malediranno, ma tu benedirai;
si innalzeranno e resteranno confusi,
ma il tuo servitore si rallegrerà.
29 I miei avversari saranno coperti d’infamia
e avvolti nella loro vergogna come in un mantello!
30 Io celebrerò grandemente l’Eterno con la mia bocca,
lo loderò in mezzo alla moltitudine;
31 poiché egli sta alla destra del povero
per salvarlo da quelli che lo condannano a morte.
1 VIR die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm.
o God van my lof, moenie swyg nie!
2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,
3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
5 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
6 Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.
7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.
8 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.
9 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;
10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.
11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.
12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
14 Laat die Here gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
15 Laat dié altyddeur voor die Here wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.
17 Ja, hy het die vloek liefgehad en — dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en — dit het ver van hom af gebly.
18 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en — dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
19 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.
20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die Here, en van hulle wat kwaad spreek teen my.
21 Maar U, o Here Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
23 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.
24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
25 En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.
26 Help my, Here my God! Verlos my na u goedertierenheid,
27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o Here, het dit gedoen.
28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.
29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.
30 Ek sal die Here hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;
31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.