1 Salmo di Asaf.
Dio sta nell’assemblea divina;
egli giudica in mezzo agli dèi.
2 "Fino a quando giudicherete ingiustamente
e avrete riguardo agli empi? [Pausa]
3 Difendete il debole e l’orfano,
rendete giustizia all’afflitto e al povero!
4 Liberate il misero e il bisognoso,
salvatelo dalla mano degli empi!
5 Essi non conoscono né capiscono nulla;
camminano nelle tenebre;
tutte le fondamenta della terra sono scosse.
6 Io ho detto: ‘Voi siete dèi,
siete tutti figli dell’Altissimo’.
7 Nondimeno morrete come gli altri uomini,
e cadrete come qualunque altro principe".
8 Sorgi, o Dio, giudica la terra,
poiché tutte le nazioni sono la tua eredità.
1 'n PSALM van Asaf.
God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
4 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
5 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste —
7 nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
8 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want Ú het erfbesit van al die nasies.