1 Canto dei pellegrinaggi.
Ricordati, o Eterno, di Davide,
di tutte le sue fatiche:
2 come egli giurò all’Eterno
e fece voto al Potente di Giacobbe, dicendo:
3 "Certo, non entrerò nella tenda della mia casa,
né salirò sul letto dove mi corico,
4 non darò sonno ai miei occhi,
né riposo alle mie palpebre,
5 finché abbia trovato un luogo per l’Eterno,
una dimora per il Potente di Giacobbe".
6 Ecco abbiamo udito che l’arca era in Efrata;
l’abbiamo trovata nei campi di Iaar.
7 Andiamo nella dimora dell’Eterno,
adoriamo davanti allo sgabello dei suoi piedi!
8 Alzati, o Eterno, vieni al luogo del tuo riposo,
tu e l’arca della tua forza.
9 I tuoi sacerdoti siano rivestiti di giustizia,
e gioiscano i tuoi fedeli.
10 Per amore di Davide tuo servitore,
non respingere il volto del tuo unto.
11 L’Eterno ha fatto a Davide questo giuramento di verità,
e non lo revocherà:
"Io metterò sul tuo trono un frutto delle tue viscere.
12 Se i tuoi figli osserveranno il mio patto
e la testimonianza che insegnerò loro,
anche i loro figli staranno seduti
sul tuo trono per sempre".
13 Poiché l’Eterno ha scelto Sion,
l’ha desiderata per sua dimora.
14 "Questo è il mio luogo di riposo in eterno;
qui abiterò, perché l’ho desiderata.
15 Io benedirò largamente i suoi viveri,
sazierò di pane i suoi poveri.
16 Vestirò di salvezza i suoi sacerdoti
e i suoi fedeli esulteranno di gran gioia.
17 Qui farò crescere la potenza di Davide,
e qui terrò accesa una lampada al mio unto.
18 Coprirò di vergogna i suoi nemici,
ma su di lui fiorirà la sua corona".
1 'n BEDEVAARTSLIED.
oHere, dink aan Dawid, aan al sy moeite;
2 dat hy aan die Here gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
3 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
4 sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
5 totdat ek 'n plek vind vir die Here, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
6 Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.
7 Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.
8 Staan op na u rusplek, Here, U en die ark van u sterkte!
9 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.
10 Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.
11 Die Here het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
12 As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.
13 Want die Here het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
14 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
15 Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
16 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
17 Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.
18 Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.