1 Per il Maestro del coro. Mestamente. Cantico di Davide.
Lo stolto ha detto nel suo cuore: "Non c’è Dio".
Si sono corrotti, si sono resi abominevoli con la loro malvagità,
non c’è nessuno che faccia il bene.
2 Dio ha riguardato dal cielo sui figli degli uomini
per vedere se vi fosse qualcuno che avesse intelletto,
che cercasse Dio.
3 Tutti si sono sviati, tutti quanti si sono corrotti,
non c’è nessuno che faccia il bene, neppure uno.
4 Sono dunque senza conoscenza questi malvagi,
che divorano il mio popolo come se fosse pane
e non invocano Dio?
5 Ecco, sono presi da grande spavento,
dove prima non c’era spavento;
poiché Dio ha disperse le ossa di quelli che ti assediavano;
tu li hai coperti di confusione, perché Dio li respinge.
6 Oh, chi recherà da Sion la salvezza d’Israele?
Quando Dio farà ritornare gli esuli del suo popolo,
Giacobbe festeggerà, Israele si rallegrerà.
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Máhalat." 'n Onderwysing van Dawid.
2 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.
3 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
4 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
5 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.
6 Dáár het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.
7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.