1 Per il Maestro del coro. Cantico dei figli di Core.
Come la cerva anela i rivi dell’acque,
così l’anima mia anela a te, o Dio.
2 L’anima mia è assetata di Dio, del Dio vivente:
Quando verrò e comparirò al cospetto di Dio?
3 Le mie lacrime sono diventate il mio cibo giorno e notte,
da che mi dicono continuamente: "Dov’è il tuo Dio?".
4 Ricordo con profonda commozione
il tempo in cui procedevo con la folla
e la guidavo alla casa di Dio,
tra i canti di gioia e di lode di una moltitudine in festa.
5 Perché ti abbatti anima mia? perché ti commuovi in me?
Spera in Dio, perché io lo celebrerò ancora;
egli è la mia salvezza e il mio Dio.
6 L’anima mia è abbattuta in me;
perciò io ripenso a te dal paese del Giordano,
dai monti dell’Ermon, dal monte Misar.
7 Un abisso chiama un altro abisso al fragore delle tue cascate;
tutte le tue onde e i tuoi flutti mi sono passati addosso.
8 L’Eterno, di giorno, concedeva la sua grazia,
e io la notte innalzavo cantici per lui
come preghiera al Dio che mi dà vita.
9 Io dirò a Dio, che è la mia rocca:
"Perché mi hai dimenticato?
Perché vado vestito a lutto per l’oppressione del nemico?".
10 Le mie ossa sono trafitte dagli insulti dei miei nemici
che mi dicono continuamente: "Dov’è il tuo Dio?".
11 Perché ti abbatti anima mia? perché ti commuovi in me?
Spera in Dio, perché lo celebrerò ancora;
egli è la mia salvezza e il mio Dio.
1 VIR die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.
2 Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
4 My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
5 Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — 'n feesvierende menigte!
6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!
7 o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
8 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
9 Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.
10 Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
11 Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
12 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!