1 Per il Maestro del coro. Canto. Salmo.
Fate acclamazioni a Dio, voi tutti abitanti della terra!
2 Cantate la gloria del suo nome,
rendete gloriosa la sua lode!
3 Dite a Dio: "Come sono tremende le opere tue!
Per la grandezza della tua forza i tuoi nemici ti aduleranno.
4 Tutta la terra si prostrerà davanti a te e a te canterà,
canterà al tuo nome". [Pausa]
5 Venite e ammirate le opere di Dio;
egli è tremendo nei suoi atti verso i figli degli uomini.
6 Egli cambiò il mare in terra asciutta;
il popolo passò il fiume a piedi;
perciò, rallegriamoci in lui.
7 Egli, con la sua potenza, signoreggia in eterno;
i suoi occhi osservano le nazioni;
i ribelli non si ribellino a lui! [Pausa]
8 Benedite il nostro Dio, o popoli,
e fate risuonare la voce della sua lode!
9 Egli ha conservato in vita l’anima nostra,
e non ha permesso che il nostro piede vacillasse.
10 Poiché tu ci hai messi alla prova, o Dio,
ci hai passati al crogiuolo come l’argento.
11 Ci hai fatti cadere nella rete,
hai posto un grave peso sulle nostre reni.
12 Hai fatto cavalcare degli uomini sul nostro capo;
siamo entrati nel fuoco e nell’acqua,
ma poi ci hai tratti fuori in un luogo di refrigerio.
13 Io entrerò nella tua casa con olocausti,
adempirò le mie promesse,
14 le promesse che le mie labbra hanno proferito,
che la mia bocca ha pronunciato nel momento della difficoltà.
15 Io ti offrirò olocausti di bestie grasse,
con profumo di montoni;
sacrificherò buoi e capri. [Pausa]
16 Venite e ascoltate, o voi tutti che temete Dio!
Io vi racconterò quello che egli ha fatto per l’anima mia.
17 Io gridai a lui con la mia bocca,
ed egli fu esaltato dalla mia lingua.
18 Se nel mio cuore avessi ordito il male,
il Signore non mi avrebbe ascoltato.
19 Ma certo Dio mi ha ascoltato;
egli è stato attento alla voce della mia preghiera.
20 Benedetto sia Dio,
che non ha respinto la mia preghiera
e non mi ha negato la sua grazia.
1 VIR die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm.
Juig tot eer van God, o ganse aarde!
2 Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
3 Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.
8 Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem —
9 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.
10 Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.
11 U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê.
12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
13 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,
14 wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.
15 Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.
16 Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.
17 Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.
18 As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
19 Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
20 Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!