1 Canto. Salmo di Davide.
Il mio cuore è ben disposto, o Dio,
io canterò e salmeggerò con tutta la mia forza.
2 Destatevi, saltèrio e cetra,
io voglio risvegliare l’alba.
3 Io ti celebrerò fra i popoli, o Eterno,
e a te salmeggerò fra le nazioni.
4 Perché la tua bontà giunge fino ai cieli
e la tua fedeltà fino alle nuvole.
5 Innalzati, o Dio, al di sopra dei cieli,
risplenda su tutta la terra la tua gloria!
6 Affinché i tuoi diletti siano liberati,
salvaci con la tua destra e rispondici.
7 Dio ha parlato nella sua santità: "Io trionferò,
spartirò Sichem e misurerò la valle di Succot.
8 Mio è Galaad e mio è Manasse,
Efraim è la forte difesa del mio capo
e Giuda è il mio scettro.
9 Moab è il bacino dove mi lavo;
sopra Edom getterò il mio sandalo;
sulla Filistia manderò grida di trionfo".
10 Chi mi guiderà alla città forte?
Chi mi condurrà fino a Edom?
11 Non sei forse tu, o Dio, che ci hai respinti,
e non esci più, o Dio, con i nostri eserciti?
12 Aiutaci a uscire dalle difficoltà,
poiché vano è il soccorso dell’uomo.
13 Con Dio noi faremo prodezze,
ed egli schiaccerà i nostri nemici.
1 'n LIED. 'n Psalm van Dawid.
2 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.
3 Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.
4 Ek wil U loof onder die volke, o Here, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;
5 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
6 Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!
7 Dat u bemindes gered kan word — verlos deur u regterhand en verhoor ons!
8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
9 Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek.
11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?
12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
13 Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.
14 In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.