1 Anima mia, benedici l’Eterno!
o Eterno, mio Dio, tu sei sommamente grande;
sei vestito di splendore e di maestà.
2 Egli si ammanta di luce come di una veste;
distende i cieli come una tenda;
3 egli costruisce le sue alte stanze sulle acque;
fa delle nuvole il suo carro,
avanza sulle ali del vento;
4 fa dei venti i suoi messaggeri,
delle fiamme di fuoco i suoi ministri.
5 Egli ha fondato la terra sulle sue basi; non sarà mai smossa.
6 Tu l’avevi avvolta dell’oceano come di una veste, le acque si erano fermate sui monti.
7 Alla tua minaccia esse si ritirarono,
alla voce del tuo tuono fuggirono spaventate.
8 Le montagne sorsero, le valli si abbassarono
nel luogo che tu avevi stabilito per loro.
9 Tu hai posto alle acque un limite che non oltrepasseranno;
esse non torneranno a coprire la terra.
10 Egli manda fonti nelle valli,
ed esse scorrono fra le montagne;
11 abbeverano tutte le bestie della campagna,
gli asini selvatici vi si dissetano.
12 Presso a quelle si riparano gli uccelli del cielo;
in mezzo alle fronde fanno udire la loro voce.
13 Egli irriga i monti dall’alto delle sue stanze,
la terra è saziata con il frutto delle tue opere.
14 Egli fa germogliare l’erba per il bestiame
e le piante per il servizio dell’uomo,
facendo uscire dalla terra il nutrimento:
15 il vino che rallegra il cuore dell’uomo,
l’olio che gli fa risplendere il volto
e il pane che sostenta il cuore dei mortali.
16 Gli alberi dell’Eterno sono saziati,
i cedri del Libano che egli ha piantati.
17 Gli uccelli vi fanno i loro nidi;
la cicogna fa dei cipressi la sua dimora;
18 le alte montagne sono per i camosci,
le rocce sono il rifugio degli iraci.
19 Egli ha fatto la luna per le stagioni;
il sole conosce il suo tramonto.
20 Tu mandi le tenebre e viene la notte,
nella quale si muovono tutte le bestie delle foreste.
21 I leoncelli ruggiscono dietro la preda
e chiedono il loro pasto a Dio.
22 Sorge il sole, esse si ritirano
e si accovacciano nelle loro tane.
23 L’uomo esce all’opera sua
e al suo lavoro fino alla sera.
24 Quanto sono numerose le tue opere, o Eterno!
Tu le hai fatte tutte con sapienza;
la terra è piena delle tue ricchezze.
25 Ecco il mare, grande e vasto,
dove si muovono creature senza numero,
animali piccoli e grandi.
26 Lo percorrono le navi
e quel leviatano che hai creato per scherzare in esso.
27 Tutti quanti sperano in te
perché tu dia loro il cibo a suo tempo.
28 Tu lo dai loro ed essi lo raccolgono;
tu apri la mano ed essi sono saziati di beni.
29 Tu nascondi il tuo volto, essi sono smarriti;
tu ritiri il loro fiato ed essi muoiono
e tornano nella loro polvere.
30 Tu mandi il tuo spirito, essi sono creati,
e tu rinnovi la faccia della terra.
31 Duri per sempre la gloria dell’Eterno,
si rallegri l’Eterno nelle opere sue!
32 Egli guarda la terra ed essa trema;
egli tocca i monti ed essi fumano.
33 Io canterò all’Eterno finché vivrò;
salmeggerò al mio Dio finché esisterò.
34 Possa la mia meditazione essergli gradita!
Io mi rallegrerò nell’Eterno.
35 Spariscano i peccatori dalla terra,
e gli empi non siano più!
Anima mia, benedici l’Eterno.
Alleluia.
1 LOOF die Here, o my siel! Here my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed —
2 wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
6 U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
7 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik —
8 berge het opgerys, laagtes het weggesak — na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
9 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
10 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
11 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
12 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
15 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
16 Die bome van die Here word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.
19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
20 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
21 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
23 Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
24 Hoe talryk is u werke, o Here! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd — daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
26 Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
27 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
28 U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
31 Laat die heerlikheid van die Here vir ewig wees, laat die Here bly wees oor sy werke,
32 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
33 Ek wil sing tot eer van die Here solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die Here!
35 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die Here, o my siel! Halleluja!