1 Per il Maestro del coro. Per strumenti a corda. Cantico di Davide.
Porgi orecchio alla mia preghiera, o Dio,
e non respingere la mia supplica.
2 Dammi ascolto e rispondimi;
mi lamento senza posa e gemo,
3 per la voce del nemico,
per l’oppressione dell’empio;
poiché mi riversano addosso iniquità
e mi perseguitano con furore.
4 Il mio cuore freme dentro di me
e spaventi mortali mi sono caduti addosso.
5 Paura e tremito mi hanno assalito,
e il terrore mi ha sopraffatto.
6 E ho detto: "Oh, avessi io delle ali come la colomba!
me ne volerei via e troverei riposo.
7 Ecco, fuggirei lontano e
andrei ad abitare nel deserto; [Pausa]
8 mi affretterei a ripararmi
dal vento impetuoso e dalla tempesta".
9 Annientali, Signore, confondi il loro linguaggio,
poiché io vedo violenza e risse nella città.
10 Giorno e notte si aggirano sulle sue mura;
dentro di essa ci sono iniquità e soprusi.
11 La malvagità è in mezzo a lei,
violenza e insidie non cessano nelle sue piazze.
12 Se mi avesse offeso un nemico,
l’avrei sopportato;
se un avversario avesse cercato di sopraffarmi,
mi sarei nascosto da lui;
13 ma sei stato tu, l’uomo che io stimavo come mio pari,
il mio compagno e il mio intimo amico.
14 Insieme eravamo in dolce compagnia,
insieme ce ne andavamo tra la folla alla casa di Dio.
15 Li sorprenda la morte!
Scendano vivi nel soggiorno dei morti!
Poiché nelle loro case e in cuor loro non v’è che malvagità.
16 Quanto a me: io invocherò Dio,
e l’Eterno mi salverà.
17 La sera, la mattina e sul mezzodì mi lamenterò e gemerò,
ed egli udrà la mia voce.
18 Egli darà pace all’anima mia,
liberandomi dai loro assalti,
perché sono in molti contro di me.
19 Dio ascolterà e li umilierà,
egli che siede sul trono da sempre; [Pausa]
poiché essi non vogliono cambiare,
e non temono Dio.
20 Il nemico ha steso la mano
contro quelli che erano in pace con lui,
ha violato il patto sancito.
21 La sua bocca è più untuosa del burro,
ma nel cuore ha la guerra;
le sue parole sono più soffici dell’olio,
ma sono spade sguainate.
22 Getta sull’Eterno il tuo peso, ed egli ti sosterrà;
egli non permetterà mai che il giusto sia smosso.
23 Ma tu, o Dio, farai scendere costoro nella tomba;
gli uomini sanguinari e fraudolenti
non arriveranno alla metà dei loro giorni;
ma io confiderò in te.
1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid.
2 o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
3 Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
4 weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
5 My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
6 Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
7 Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
8 Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
9 Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
10 Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
11 Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
12 Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
13 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
14 maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!
15 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
16 Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
17 Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos.
18 Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
19 Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
20 God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
21 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
22 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
23 Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
24 Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.