1 L’Eterno disse a Samuele: "Fino a quando farai cordoglio per Saul, mentre io l’ho rigettato perché non regni più sopra Israele? Riempi di olio il tuo corno e va’; io ti manderò da Isai di Betlemme, perché mi sono provveduto un re tra i suoi figli". 2 Samuele rispose: "Come posso andare? Saul lo verrà a sapere e mi ucciderà". L’Eterno disse: "Prenderai con te una giovenca, e dirai: ‘Sono venuto a offrire un sacrificio all’Eterno’. 3 Inviterai Isai al sacrificio; io ti farò sapere quello che dovrai fare, e ungerai per me colui che ti dirò". 4 Samuele dunque fece quello che l’Eterno gli aveva detto; si recò a Betlemme, e gli anziani della città gli si fecero incontro tutti turbati, e gli dissero: "Porti tu pace?". 5 Ed egli rispose: "Porto pace; vengo a offrire un sacrificio all’Eterno; purificatevi e venite con me al sacrificio". Fece purificare anche Isai e i suoi figli e li invitò al sacrificio. 6 Mentre entravano, egli osservò Eliab, e disse: "Certo, ecco l’unto dell’Eterno davanti a lui". 7 Ma l’Eterno disse a Samuele: "Non badare al suo aspetto né all’altezza della sua statura, perché io l’ho scartato; infatti l’Eterno non guarda a quello a cui guarda l’uomo: l’uomo guarda all’apparenza, ma l’Eterno guarda al cuore". 8 Allora Isai chiamò Abinadab e lo fece passare davanti a Samuele; ma Samuele disse: "L’Eterno non si è scelto neppure questo". 9 Isai fece passare Samma, ma Samuele disse: "L’Eterno non si è scelto neppure questo". 10 Isai fece passare così sette dei suoi figli davanti a Samuele; ma Samuele disse a Isai: "L’Eterno non si è scelto questi". 11 Poi Samuele disse a Isai: "Sono questi tutti i tuoi figli?". Isai rispose: "Resta ancora il più giovane, ma è a pascolare le pecore". 12 E Samuele disse a Isai: "Mandalo a cercare, perché non ci metteremo a tavola prima che sia arrivato qua". Allora Isai lo mandò a cercare, e lo fece venire. Egli era biondo, aveva dei begli occhi e un bell’aspetto. L’Eterno disse a Samuele: "Alzati, ungilo, perché è lui". 13 Allora Samuele prese il corno dell’olio e lo unse in mezzo ai suoi fratelli; e, da quel giorno in poi, lo Spirito dell’Eterno investì Davide. E Samuele si alzò e se ne andò a Rama. 14 Ora lo Spirito dell’Eterno si era ritirato da Saul, che era turbato da un cattivo spirito permesso dall’Eterno. 15 I servitori di Saul gli dissero: "Ecco, un cattivo spirito permesso da Dio ti turba. 16 Il nostro signore ordini ora ai tuoi servi che ti stanno davanti, di cercare un uomo che sappia suonare l’arpa; e quando il cattivo spirito permesso da Dio ti investirà, l’arpista si metterà a suonare, e tu ti sentirai sollevato". 17 Saul disse ai suoi servitori: "Trovatemi un uomo che suoni bene e portatelo da me". 18 Allora uno dei domestici prese a dire: "Ecco io ho visto un figlio di Isai, il betlemmita, che sa suonare bene; è un uomo forte, valoroso, un guerriero, parla bene, è di bell’aspetto e l’Eterno è con lui". 19 Saul dunque inviò dei messaggeri a Isai per dirgli: "Mandami Davide, tuo figlio, che è con il gregge". 20 Allora Isai prese un asino carico di pane, un otre di vino, un capretto, e mandò tutto a Saul per mezzo di Davide suo figlio. 21 Davide arrivò da Saul e si presentò a lui; e Saul gli si affezionò molto e lo fece suo scudiero. 22 E Saul mandò a dire a Isai: "Ti prego, lascia Davide al mio servizio, poiché egli ha trovato grazia ai miei occhi". 23 Ora quando il cattivo spirito permesso da Dio investiva Saul, Davide prendeva l’arpa e si metteva a suonare; Saul si sentiva sollevato, stava meglio, e il cattivo spirito se ne andava da lui.
1 DAARNA sê die Here aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Ísai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.
2 Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die Here: Neem 'n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan die Here te offer.
3 Nooi Ísai dan na die offermaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem.
4 En Samuel het gedoen wat die Here gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra: Is u koms vrede?
5 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die Here te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Ísai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.
6 Toe hulle inkom en hy Elíab sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die Here sy gesalfde!
7 Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.
8 Toe roep Ísai Abinádab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die Here ook nie uitgekies nie.
9 Verder het Ísai Samma laat verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die Here ook nie uitgekies nie.
10 So het Ísai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Ísai gesê: Die Here het hulle nie uitgekies nie.
11 Verder het Samuel aan Ísai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Ísai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie.
12 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en 'n mooi voorkoms. En die Here sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
13 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die Here het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.
14 MAAR die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik.
15 Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, 'n bose gees van God verskrik u:
16 laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal 'n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.
17 Daarop sê Saul aan sy dienaars: Kyk tog vir my uit na 'n man wat goed kan speel, en bring hom na my.
18 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Ísai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die Here is met hom.
19 Toe het Saul boodskappers na Ísai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my.
20 Ísai neem toe 'n esel, brood en 'n leersak met wyn en 'n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.
21 So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en dié het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het.
22 Daarna het Saul na Ísai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.
23 En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.