1 La parola dell’Eterno fu rivolta a Giona per la seconda volta, in questi termini:
2 "Alzati, va’ a Ninive, la grande città, e proclama loro quello che io ti comando". 3 Giona partì e andò a Ninive, secondo la parola dell’Eterno. Ninive era una grande città davanti a Dio; ci volevano tre giornate di cammino per attraversarla. 4 Giona cominciò a inoltrarsi nella città per una giornata di cammino, predicava e diceva: "Ancora quaranta giorni e Ninive sarà distrutta!". 5 I Niniviti credettero a Dio, proclamarono un digiuno e si vestirono con sacchi, dal più grande al più piccolo di loro. 6 Essendo giunta la notizia al re di Ninive, questi si alzò dal trono, si tolse il mantello di dosso, si coprì con un sacco e si mise seduto sulla cenere. 7 Poi fu proclamato in Ninive questo decreto, per ordine del re e dei suoi grandi: "Uomini e bestie, armenti e greggi, non assaggino nulla; non vadano al pascolo e non bevano acqua; 8 uomini e bestie si coprano con sacchi e gridino con forza a Dio; ognuno si converta dalla sua via malvagia e dalla violenza compiuta dalle sue mani. 9 Forse Dio si ricrederà, si pentirà e spegnerà la sua ira ardente, così che noi non periamo".
10 Dio vide ciò che facevano, vide che si convertivano dalla loro condotta malvagia, si pentì del male che aveva minacciato di fare loro e non lo fece.
1 EN die woord van die Here het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê:
2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.
3 Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die Here. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
4 En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.
5 En die manne van Ninevé het God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.
6 En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.
7 En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne — geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;
8 maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.
9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?
10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.