1 Ma Giona provò un grande dispiacere e fu irritato; pregò l’Eterno, dicendo:
2 "O Eterno, non era forse questo che io dicevo mentre ero ancora nel mio paese? Perciò mi affrettai a fuggire a Tarsis; perché sapevo che sei un Dio misericordioso, pietoso, lento all’ira, di grande bontà, e che ti penti del male minacciato. 3 Ora dunque, o Eterno, ti prego, riprenditi la mia vita; poiché per me è meglio morire che vivere". 4 L’Eterno gli disse: "Fai bene a irritarti così?". 5 Poi Giona uscì dalla città e si mise seduto a oriente della città; là si fece una capanna e vi si sedette sotto, all’ombra, per poter vedere quello che sarebbe successo alla città. 6 Dio, l’Eterno, per calmarlo dalla sua irritazione, fece crescere un ricino che salì al di sopra di Giona per fare ombra sul suo capo. Giona provò una grandissima gioia a causa di quel ricino. 7 Ma l’indomani, allo spuntare dell’alba, Iddio mandò un verme che attaccò il ricino, ed esso si seccò. 8 Quando il sole era alto, Iddio fece soffiare un soffocante vento orientale e il sole picchiò sul capo di Giona, al punto che egli venne meno e chiese di morire, dicendo: "Per me è meglio morire che vivere". 9 Dio disse a Giona: "Fai bene a irritarti così a causa del ricino?". Egli rispose: "Sì, faccio bene a irritarmi fino alla morte". 10 L’Eterno disse: "Tu hai pietà del ricino per il quale non ti sei affaticato e che non hai fatto crescere, che è nato in una notte e in una notte è perito; 11 e io non dovrei avere pietà di Ninive, la grande città, nella quale si trovano più di centoventimila persone che non sanno distinguere la loro destra dalla loro sinistra, e tanta quantità di bestiame?".
1 MAAR Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.
2 Toe bid hy tot die Here en sê: Ag, Here, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.
3 oHere, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
4 Daarop sê die Here: Het jy rede om vertoornd te wees?
5 En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom 'n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.
6 Toe beskik die Here God 'n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.
7 Maar God het die volgende môre toe die dag breek, 'n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.
8 En met sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
9 Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.
10 Verder sê die Here: Jý wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.
11 Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?