Publicidade

Miquéias 1

AFR53
Minacce dell’Eterno contro Israele e Giuda

1 La parola dell’Eterno che fu rivolta a Michea, il Morastita, al tempo di Iotam, di Acaz e di Ezechia, re di Giuda. Visione che egli ebbe riguardo a Samaria e a Gerusalemme.

2 Ascoltate, o popoli tutti! Presta attenzione, o terra, con tutto quello che è in te! Il Signore, l’Eterno, sia testimone contro di voi: il Signore dal suo tempio santo. 3 Poiché, ecco, l’Eterno esce dalla sua dimora, scende, cammina sulle alture della terra. 4 I monti si sciolgono sotto di lui e le valli si squarciano come cera davanti al fuoco, come acque versate sopra un pendio.

5 Tutto questo, a causa della trasgressione di Giacobbe, e a causa dei peccati della casa d’Israele. Qual è la trasgressione di Giacobbe? Non è forse Samaria? Quali sono gli alti luoghi di Giuda? Non sono forse Gerusalemme?

6 Perciò io farò di Samaria un mucchio di pietre nella campagna, un luogo per piantarci le vigne; farò rotolare le sue pietre giù nella valle, metterò allo scoperto le sue fondamenta. 7 Tutte le sue immagini scolpite saranno spezzate, tutti i guadagni della sua immoralità saranno bruciati con il fuoco, e tutti i suoi idoli io li distruggerò; messi insieme come salario di prostituzione, torneranno a essere salario di prostituzione.

8 Per questo io farò cordoglio e griderò, andrò scalzo e nudo; emetterò dei lamenti come lo sciacallo, grida lugubri come lo struzzo. 9 Poiché la sua piaga è incurabile; si estende fino a Giuda, giunge fino alla porta del mio popolo, fino a Gerusalemme. 10 Non lo annunciate a Gat! Non piangete ad Acco! A Bet-Leafra io mi rotolo nella polvere. 11 Parti, vattene, o abitante di Safir, nuda e piena di vergogna; non esce più l’abitante di Saanan; il lutto di Bet-Aesel vi priva della sua protezione. 12 L’abitante di Marot si addolora per i suoi beni, perché una sciagura è scesa da parte dell’Eterno fino alla porta di Gerusalemme. 13 Attacca i destrieri al carro, o abitante di Lachis! Essa è stata l’inizio del peccato per la figlia di Sion, poiché in te si sono trovate le trasgressioni d’Israele. 14 Perciò tu darai un regalo di addio a Moreset-Gat; le case di Aczib saranno una delusione per i re d’Israele. 15 Io farò venire per te un nuovo padrone, o abitante di Maresa; fino ad Adullam arriverà la gloria d’Israele! 16 Tagliati i capelli, raditi il capo, a causa dei figli, tue delizie! Fatti calva come l’avvoltoio, poiché essi vanno in esilio, lontano da te!

Oordeel oor Samaría en Jerusalem.

1 DIE woord van die Here wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samaría en Jerusalem.

2 o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here Here getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.

3 Want kyk, die Here gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.

4 En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs 'n helling afstroom!

5 Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding van Jakob? Is dit nie Samaría nie? En wie is die oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?

6 Daarom sal Ek Samaría 'n puinhoop maak op die veld, 'n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol en haar fondamente blootlê.

7 En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot 'n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.

8 Daaroor wil ek rouklaag en huil, kaalvoet en naak loop. Ek wil klae soos die jakkalse en treur soos die volstruise.

9 Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem.

10 Moet dit nie in Gat vertel nie, ween daar ganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel!

11 Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Saänan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem.

12 Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van die Here na die poort van Jerusalem.

13 Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is.

14 Daarom moet jy 'n afskeidsgeskenk gee aan Moréset-Gat; die huise van Agsib sal 'n teleurstelling wees vir die konings van Israel.

15 Nogmaals sal Ek jou 'n veroweraar bring, o inwoner van Marésa; die adel van Israel sal tot by Adúllam kom.

16 Maak 'n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos dié van 'n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-