1 Ma avverrà, negli ultimi tempi, che il monte della casa dell’Eterno si innalzerà sopra la cima dei monti, si eleverà al di sopra delle colline, e i popoli affluiranno a esso. 2 Verranno molte nazioni e diranno: "Venite, saliamo al monte dell’Eterno e alla casa dell’Iddio di Giacobbe; egli ci insegnerà le sue vie e noi cammineremo nei suoi sentieri!". Poiché da Sion uscirà la legge, e da Gerusalemme la parola dell’Eterno. 3 Egli sarà giudice fra molti popoli e arbitro fra nazioni potenti e lontane. Dalle loro spade fabbricheranno vomeri, delle loro lance, falci; una nazione non alzerà più la spada contro l’altra e non impareranno più la guerra. 4 Siederanno ciascuno sotto la sua vigna e sotto il suo fico, senza che nessuno li spaventi; poiché la bocca dell’Eterno degli eserciti ha parlato. 5 Mentre tutti i popoli camminano ciascuno nel nome del suo dio, noi cammineremo nel nome dell’Eterno, del nostro Dio, per sempre.
6 "In quel giorno", dice l’Eterno, "io raccoglierò le pecore zoppe, radunerò quelle che erano state scacciate e quelle che io avevo trattato duramente. 7 Di quelle che zoppicano farò un residuo che sussisterà; di quelle scacciate lontano, una nazione potente; l’Eterno regnerà su di loro, sul monte Sion, da allora per sempre. 8 A te, torre del gregge, colle della figlia di Sion, a te verrà, a te verrà l’antico dominio, il regno che spetta alla figlia di Gerusalemme".
9 Ora, perché gridi così forte? Non c’è forse nessun re dentro di te? è forse perito il tuo consigliere, che ti prende l’angoscia come una donna che partorisce? 10 Soffri e gemi, figlia di Sion, come una donna che partorisce! Poiché ora uscirai dalla città, abiterai per i campi, e andrai fino a Babilonia. Là tu sarai liberata, là l’Eterno ti riscatterà dalla mano dei tuoi nemici.
11 Ora molte nazioni si sono radunate contro di te, e dicono: "Sia profanata! i nostri occhi godano alla vista di Sion!". 12 Ma esse non conoscono i pensieri dell’Eterno, non comprendono i suoi disegni: poiché egli le raduna come covoni sull’aia. 13 "Figlia di Sion, alzati, trebbia! perché io farò in modo che il tuo corno sia di ferro e che le tue unghie siano di bronzo; tu triterai molti popoli; consacrerai i loro guadagni all’Eterno, e le loro ricchezze al Signore di tutta la terra". 14 Ora, o figlia di schiere, raduna le tue schiere! Ci cingono di assedio; colpiscono con la verga la guancia del giudice d’Israele!
1 EN aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.
2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem.
3 En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die Here van die leërskare het dit gespreek.
5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos.
6 In dié dag, spreek die Here, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.
7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die Here sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.
8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.
9 Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar?
10 Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom — dáár sal jy gered word, dáár sal die Here jou verlos uit die hand van jou vyande.
11 En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion.
12 Maar hulle ken nie die gedagtes van die Here nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.
13 Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die Here toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde.
14 Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het 'n wal teen ons opgegooi; met 'n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.