1 La parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 2 "Figlio d’uomo, profetizza e di’: Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Urlate: Ahi, che giorno! 3 Poiché il giorno è vicino, è vicino il giorno dell’Eterno: giorno di nuvole, il tempo delle nazioni. 4 La spada verrà sull’Egitto, e ci sarà terrore in Etiopia quando in Egitto cadranno i feriti a morte, quando si porteranno via le sue ricchezze, e le sue fondamenta saranno distrutte. 5 L’Etiopia, la Libia, la Lidia, Put, Lud, gli stranieri di ogni sorta, Cub e i figli del paese dell’alleanza, cadranno con loro per la spada’. 6 Così parla l’Eterno: ‘Quelli che sostengono l’Egitto cadranno e l’orgoglio della sua forza sarà abbattuto: da Migdol a Siene essi cadranno per la spada’, dice il Signore, l’Eterno, 7 ‘e saranno desolati in mezzo a terre desolate, le loro città saranno devastate in mezzo a città devastate; 8 conosceranno che io sono l’Eterno, quando darò fuoco all’Egitto, e tutti i suoi aiutanti saranno schiacciati. 9 In quel giorno, partiranno dei messaggeri dalla mia presenza su delle navi per spaventare l’Etiopia nella sua sicurezza; regnerà fra loro il terrore come nel giorno dell’Egitto; poiché, ecco, la cosa sta per avvenire’. 10 Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Io farò sparire la moltitudine dell’Egitto, per mano di Nabucodonosor, re di Babilonia. 11 Egli e il suo popolo con lui, i più violenti fra le nazioni, saranno condotti a distruggere il paese; sguaineranno le spade contro l’Egitto e riempiranno il paese di uccisi. 12 Io muterò i fiumi in luoghi aridi, darò il paese in balìa di gente malvagia, e per mano di stranieri desolerò il paese e tutto ciò che contiene. Io, l’Eterno, ho parlato’. 13 Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Io sterminerò da Nof gli idoli, e farò sparire i falsi dèi; non ci sarà più principe che venga dal paese d’Egitto, e metterò lo spavento nel paese d’Egitto. 14 Desolerò Patros, darò alle fiamme Soan, eserciterò i miei giudizi su No, 15 riverserò il mio furore sopra Sin, la fortezza dell’Egitto, e sterminerò la moltitudine di No. 16 Darò fuoco all’Egitto; Sin si contorcerà dal dolore, No sarà squarciata, Nof sarà presa da nemici in pieno giorno. 17 I giovani di Aven e di Pibeset cadranno per la spada, e queste città andranno in esilio. 18 A Tapanes il giorno si oscurerà, quando io là spezzerò i gioghi imposti dall’Egitto; l’orgoglio della sua forza avrà fine. Quanto a lei, una nuvola la coprirà, e le sue figlie andranno in esilio. 19 Così eserciterò i miei giudizi sull’Egitto, e si conoscerà che io sono l’Eterno’".
20 L’undicesimo anno, il primo mese, il settimo giorno del mese, la parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 21 "Figlio d’uomo, io ho spezzato il braccio del Faraone, re d’Egitto; ecco, il suo braccio non è stato fasciato applicandovi rimedi e mettendovi delle bende per fasciarlo e fortificarlo, in modo da poter maneggiare una spada. 22 Perciò, così parla il Signore, l’Eterno: ‘Eccomi contro Faraone, re d’Egitto, per spezzargli le braccia, tanto quello che è ancora forte, quanto quello che è già spezzato; gli farò cadere di mano la spada. 23 Disperderò gli Egiziani fra le nazioni, e li disseminerò per tutti i paesi; 24 fortificherò le braccia del re di Babilonia, e gli metterò in mano la mia spada; spezzerò le braccia del Faraone, ed egli gemerà davanti a lui, come geme un uomo ferito a morte. 25 Fortificherò le braccia del re di Babilonia e le braccia del Faraone cadranno; si conoscerà che io sono l’Eterno, quando metterò la mia spada in mano del re di Babilonia ed egli la volgerà contro il paese d’Egitto. 26 Io disperderò gli Egiziani fra le nazioni, e li disseminerò per tutti i paesi; si conoscerà che io sono l’Eterno’".
1 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here Here: Huil julle! Ag, die dag!
3 Want naby is 'n dag, ja, naby is 'n dag van die Here, 'n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.
4 Dan sal 'n swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, en as hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.
5 Kus en Putéërs en Ludiete en die hele gemengde bevolking en Kub en die kinders van die daarmee verbonde land sal saam met hulle val deur die swaard.
6 So sê die Here: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die Here Here.
7 En dit sal verwoes wees tussen die verwoeste lande in, en sy stede sal wees tussen die verwoeste stede in.
8 En hulle sal weet dat Ek die Here is, as Ek 'n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.
9 In dié dag sal daar boodskappers voor My uit wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom!
10 So sê die Here Here: Ja, Ek sal aan die menigte van Egipte 'n einde maak deur die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel.
11 Hy en sy volk saam met hom, die geweldigste nasies, word aangevoer om die land te verwoes; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met gesneuweldes.
12 En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die Here, het dit gespreek.
13 So sê die Here Here: Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uit Nof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.
14 En Ek sal Patros verwoes en 'n vuur werp in Soan en strafgerigte voltrek in No.
15 En Ek sal my grimmigheid uitgiet oor Sin, die vesting van Egipte; en Ek sal die menigte van No uitroei.
16 En Ek sal 'n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof — vyande oordag!
17 Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val, maar hulle self sal in gevangenskap gaan.
18 En in Tagpánhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; 'n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.
19 So sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
20 En in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
21 Mensekind, Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit is nie verbind tot genesing of geswagtel tot verbinding, dat dit sterk kan word om die swaard te vat nie.
22 Daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.
23 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.
24 En Ek sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee, maar Farao se arms sal Ek breek, sodat hy voor hom sal kerm soos 'n dodelike gewonde man kerm.
25 Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.
26 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek die Here is.