Publicidade

Ezequiel 10

AFR53

1 Io guardai, ed ecco, sulla distesa sopra il capo dei cherubini, c’era come una pietra di zaffiro; si vedeva come una specie di trono che stava sopra di loro. 2 L’Eterno parlò all’uomo vestito di lino, e disse: "Vafra le ruote sotto i cherubini, riempiti le mani di carboni ardenti tolti in mezzo ai cherubini e spargili sulla città". Egli vi andò in mia presenza. 3 Ora i cherubini stavano al lato destro della casa, quando l’uomo entrò ; la nuvola riempì il cortile interno. 4 La gloria dell’Eterno si alzò sopra i cherubini, muovendo verso l’ingresso della casa; la casa fu riempita della nuvola, il cortile fu pieno dello splendore della gloria dell’Eterno. 5 Il rumore delle ali dei cherubini si udì fino al cortile esterno, simile alla voce del Dio onnipotente quando parla. 6 Quando l’Eterno ebbe dato all’uomo vestito di lino l’ordine di prendere del fuoco in mezzo alle ruote che sono tra i cherubini, egli venne a fermarsi presso una delle ruote. 7 Uno dei cherubini stese la mano fra gli altri cherubini verso il fuoco che era fra i cherubini, ne prese e lo mise nelle mani dell’uomo vestito di lino, che lo ricevette e uscì. 8 Vidi che i cherubini avevano una forma di mano d’uomo sotto le ali. 9 Io guardai, ed ecco quattro ruote presso i cherubini, una ruota presso ogni cherubino; le ruote avevano l’aspetto di una pietra di crisolito. 10 A vederle, tutte e quattro avevano una stessa forma, come se una ruota passasse attraverso l’altra. 11 Quando si muovevano, si muovevano dai loro quattro lati e, muovendosi, non si voltavano, ma seguivano la direzione del luogo verso il quale guardava il capo e, andando, non si voltavano. 12 Tutto il corpo dei cherubini, i loro dorsi, le loro mani, le loro ali, come pure le ruote di tutti e quattro, erano pieni di occhi tutto intorno. 13 Udii che le ruote erano chiamate "Turbine". 14 Ogni cherubino aveva quattro facce: la prima faccia era una faccia di cherubino; la seconda faccia, una faccia d’uomo; la terza, una faccia di leone; la quarta, una faccia di aquila. 15 I cherubini si alzarono. Erano gli stessi esseri viventi che avevo visto presso il fiume Chebar. 16 Quando i cherubini si muovevano, anche le ruote si muovevano accanto a loro; quando i cherubini spiegavano le ali per alzarsi da terra, anche le ruote non si allontanavano dal loro fianco. 17 Quando quelli si fermavano, anche queste si fermavano; quando quelli s’innalzavano anche queste s’innalzavano con loro, perché lo spirito degli esseri viventi era in esse. 18 La gloria dell’Eterno partì dall’ingresso della casa e si fermò sui cherubini. 19 I cherubini spiegarono le loro ali e s’innalzarono su dalla terra; io li vidi partire, con le ruote accanto a loro. Si fermarono all’ingresso della porta orientale della casa dell’Eterno; la gloria dell’Iddio d’Israele stava sopra di loro, su in alto. 20 Erano gli stessi esseri viventi che avevo visto sotto l’Iddio d’Israele presso il fiume Chebar; riconobbi che erano cherubini. 21 Ognuno di essi aveva quattro facce, ognuno quattro ali; sotto le loro ali appariva la forma di mani d’uomo. 22 Quanto all’aspetto delle loro facce, erano le facce che avevo visto presso il fiume Chebar; erano le stesse sembianze, i medesimi cherubini. Ognuno andava diritto davanti a .

Die tweede gesig van die gérubs.

1 DAARNA het ek gekyk en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.

2 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my daar in.

3 En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.

4 Toe het die heerlikheid van die Here van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die Here se heerlikheid.

5 En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.

6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te : Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.

7 Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.

8 En daar is aan die gérubs gesien die vorm van 'n mens se hand onder hulle vlerke.

9 Toe het ek gekyk en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub; en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet.

10 En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was:

11 as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.

12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol rondom, aan al die vier wiele van hulle.

13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.

14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van 'n gérub en die tweede aangesig die aangesig van 'n mens en die derde die aangesig van 'n leeu en die vierde die aangesig van 'n arend.

15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.

16 En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gérubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie.

17 As dié bly staan, staan hulle; en as dié opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle.

18 En die heerlikheid van die Here het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.

19 En die gérubs het hulle vlerke opgehef en voor my van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die Here, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

20 Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit gérubs was.

21 Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke.

22 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-