Publicidade

Ezequiel 48

AFR53

1 "Questi sono i nomi delle tribù. Partendo dall’estremità settentrionale, lungo la via di Chetlon per andare a Camat, fino ad Asar-Enon, frontiera di Damasco a settentrione verso Camat, avranno questo: dal confine orientale al confine occidentale, Dan, una parte. 2 Sulla frontiera di Dan, dal confine orientale al confine occidentale: Ascer, una parte. 3 Sulla frontiera di Ascer, dal confine orientale al confine occidentale: Neftali, una parte. 4 Sulla frontiera di Neftali, dal confine orientale al confine occidentale: Manasse, una parte. 5 Sulla frontiera di Manasse, dal confine orientale al confine occidentale: Efraim, una parte. 6 Sulla frontiera di Efraim, dal confine orientale al confine occidentale: Ruben, una parte. 7 Sulla frontiera di Ruben, dal confine orientale al confine occidentale: Giuda, una parte.

8 Sulla frontiera di Giuda, dal confine orientale al confine occidentale, sarà la parte che preleverete di venticinquemila cubiti di larghezza e lunga come una delle altre parti dal confine orientale al confine occidentale; in mezzo sarà il santuario. 9 La parte che preleverete per l’Eterno avrà venticinquemila cubiti di lunghezza e diecimila di larghezza. 10 Questa parte santa prelevata apparterrà ai sacerdoti: venticinquemila cubiti di lunghezza al settentrione, diecimila di larghezza all’occidente, diecimila di larghezza all’oriente e venticinquemila di lunghezza al mezzogiorno; il santuario dell’Eterno sarà in mezzo. 11 Essa apparterrà ai sacerdoti consacrati tra i figli di Sadoc che hanno fatto il mio servizio e non si sono sviati quando i figli d’Israele si sviavano, come si sviavano i Leviti. 12 Essa apparterrà loro come parte prelevata dalla parte del paese che sarà stata prelevata: una cosa santissima, verso la frontiera dei Leviti. 13 I Leviti avranno, parallelamente alla frontiera dei sacerdoti, una lunghezza di venticinquemila cubiti e una larghezza di diecimila: tutta la lunghezza sarà di venticinquemila e la larghezza di diecimila. 14 Essi non potranno venderne nulla; questa primizia del paese non potrà essere scambiata alienata, perché è cosa consacrata all’Eterno. 15 I cinquemila cubiti che rimarranno di larghezza sui venticinquemila, formeranno un’area non consacrata destinata alla città, per le abitazioni e per il territorio circostante; la città sarà in mezzo, 16 ed eccone le dimensioni: dal lato settentrionale, quattromilacinquecento cubiti; dal lato meridionale, quattromilacinquecento; dal lato orientale, quattromilacinquecento; dal lato occidentale, quattromilacinquecento. 17 La città avrà un territorio circostante di duecentocinquanta cubiti a settentrione, di duecentocinquanta a mezzogiorno; di duecentocinquanta a oriente; di duecentocinquanta a occidente. 18 Il resto della lunghezza, parallelamente alla parte santa, cioè diecimila cubiti a oriente e diecimila a occidente, parallelamente alla parte santa, servirà, con i suoi prodotti, al mantenimento dei lavoratori della città. 19 I lavoratori della città, di tutte le tribù d’Israele, ne lavoreranno il suolo. 20 Tutta la parte prelevata sarà di venticinquemila cubiti di lunghezza per venticinquemila di larghezza; ne preleverete così una parte quadrata, parte santa, come possesso della città. 21 Il rimanente sarà del principe; da un lato e dall’altro della parte santa prelevata e del possesso della città, di fronte ai venticinquemila cubiti della parte santa fino alla frontiera orientale, e a occidente di fronte ai venticinquemila cubiti verso la frontiera occidentale, parallelamente alle parti; questo sarà del principe; la parte santa e il santuario della casa saranno in mezzo. 22 Così, tolto il possesso dei Leviti e il possesso della città situati in mezzo a quello del principe, ciò che si troverà tra la frontiera di Giuda e la frontiera di Beniamino, apparterrà al principe. 23 Poi verrà il resto delle tribù. Dal confine orientale al confine occidentale: Beniamino, una parte. 24 Sulla frontiera di Beniamino, dal confine orientale al confine occidentale: Simeone, una parte. 25 Sulla frontiera di Simeone, dal confine orientale al confine occidentale: Issacar, una parte. 26 Sulla frontiera di Issacar, dal confine orientale al confine occidentale: Zabulon, una parte. 27 Sulla frontiera di Zabulon, dal confine orientale al confine occidentale: Gad, una parte. 28 Sulla frontiera di Gad, dal lato meridionale, verso mezzogiorno, la frontiera sarà da Tamar fino alle acque di Meriba di Cades, fino al torrente che va nel Mar Grande. 29 Questo è il paese che vi spartirete a sorte, come eredità delle tribù d’Israele, e queste sono le parti", dice il Signore, l’Eterno. 30 "Queste sono le uscite della città. Dal lato settentrionale, quattromilacinquecento cubiti misurati; 31 le porte della città porteranno i nomi delle tribù d’Israele, e ci saranno tre porte a settentrione: la Porta di Ruben, l’una; la Porta di Giuda, l’altra; la Porta di Levi, l’altra. 32 Dal lato orientale, quattromilacinquecento cubiti, e tre porte: la Porta di Giuseppe, l’una; la Porta di Beniamino, l’altra; la Porta di Dan, l’altra. 33 Dal lato meridionale, quattromilacinquecento cubiti, e tre porte: la Porta di Simeone, l’una; la Porta di Issacar, l’altra; la Porta di Zabulon, l’altra. 34 Dal lato occidentale, quattromilacinquecento cubiti, e tre porte: la Porta di Gad, l’una; la Porta d’Ascer, l’altra; la Porta di Neftali, l’altra. 35 La circonferenza sarà di diciottomila cubiti. Da quel giorno, il nome della città sarà: L’Eterno è ".

Verdeling van die land.

1 EN dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat hy moet die ooste- en die westekant Dan een deel.

2 En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.

3 En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.

4 En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.

5 En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.

6 En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.

7 En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.

8 En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.

9 Die offergawe wat julle aan die Here moet afgee, moet vyf-en-twintigduisend el lank wees en tienduisend breed.

10 En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf-en-twintigduisend el en teen die weste 'n breedte van tienduisend en teen die ooste 'n breedte van tienduisend en teen die suide 'n lengte van vyf-en-twintigduisend; en die heiligdom van die Here moet in die middel daarvan wees.

11 Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.

12 So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.

13 Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf-en-twintigduisend el en 'n breedte van tienduisend; die hele lengte moet wees vyf-en-twintigduisend en die breedte tienduisend.

14 En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die Here.

15 Maar die vyfduisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf-en-twintigduisend dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees.

16 En dit is die afmetinge daarvan: die noordekant, vierduisend-vyfhonderd el; en die suidekant, vierduisend-vyfhonderd; en die oostekant, vierduisend-vyfhonderd; en die westekant, vierduisend-vyfhonderd.

17 En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, tweehonderd-en-vyftig el; en teen die suide, tweehonderd-en-vyftig; en teen die ooste, tweehonderd-en-vyftig; en teen die weste, tweehonderd-en-vyftig.

18 En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tienduisend teen die ooste en tienduisend teen die weste dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.

19 En wat die werksmense van die stad betref uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.

20 Die hele offergawe moet wees vyf-en-twintigduisend el by vyf-en-twintigduisend vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.

21 En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf-en-twintigduisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf-en-twintigduisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.

22 En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel van wat die vors s’n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.

23 Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.

24 En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: Símeon, een.

25 En naas die gebied van Símeon, van die oostekant af tot by die westekant: Íssaskar, een.

26 En naas die gebied van Íssaskar, van die oostekant af tot by die westekant: Sébulon, een.

27 En naas die gebied van Sébulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.

28 En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See.

29 Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here Here.

30 En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vierduisend-vyfhonderd el lengtemaat.

31 En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.

32 En na die oostekant vierduisend-vyfhonderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.

33 En die suidekant vierduisend-vyfhonderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Íssaskar, een; die poort van Sébulon, een.

34 Die westekant vierduisend-vyfhonderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Náftali, een;

35 rondom agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die Here is daar!

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-