1 Il dodicesimo anno, il dodicesimo mese, il primo giorno del mese, la parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 2 "Figlio d’uomo, pronuncia una lamentazione su Faraone, re d’Egitto, e digli: ‘Tu eri simile a un leoncello fra le nazioni; eri come un coccodrillo nei mari; ti slanciavi nei tuoi fiumi, con i tuoi piedi agitavi le acque intorbidandone i canali’. 3 Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Io stenderò su di te la mia rete mediante una grande moltitudine di popoli, i quali ti tireranno fuori con la mia rete; 4 ti abbandonerò sulla terra e ti getterò in aperta campagna, farò in modo che su di te verranno a posarsi tutti gli uccelli del cielo e sazierò di te le bestie di tutta la terra; 5 metterò la tua carne su per i monti e riempirò le valli dei tuoi avanzi; 6 annaffierò del tuo sangue, fin sui monti, il paese dove nuoti; i canali saranno ripieni di te. 7 Quando ti estinguerò, coprirò i cieli e oscurerò le stelle; coprirò il sole di nuvole e la luna non darà la sua luce. 8 Per causa tua, oscurerò tutti gli astri che splendono in cielo e stenderò le tenebre sul tuo paese’, dice il Signore, l’Eterno. 9 ‘Affliggerò il cuore di molti popoli, quando farò giungere la notizia della tua rovina fra le nazioni, in paesi che tu non conosci; 10 farò in modo che di te resteranno attoniti molti popoli e i loro re saranno presi da spavento per causa tua, quando io brandirò la mia spada davanti a loro; ognuno di essi tremerà ogni istante per la sua vita, nel giorno della tua caduta’. 11 Poiché così parla il Signore, l’Eterno: ‘La spada del re di Babilonia ti piomberà addosso. 12 Io farò cadere la moltitudine del tuo popolo per la spada di uomini potenti, tutti quanti i più violenti fra le nazioni, ed essi distruggeranno il fasto dell’Egitto e tutta la sua moltitudine sarà annientata. 13 Farò perire tutto il suo bestiame sulle rive delle grandi acque; nessun piede di uomo le intorbiderà più, non le intorbiderà più unghia di bestia. 14 Allora lascerò posare le loro acque e farò scorrere i loro fiumi come olio’, dice il Signore, l’Eterno, 15 ‘quando avrò ridotto il paese d’Egitto in una desolazione, in un paese spogliato di ciò che conteneva, e quando ne avrò colpito tutti gli abitanti; si conoscerà che io sono l’Eterno. 16 Ecco la lamentazione che sarà pronunciata; la pronunceranno le figlie delle nazioni; pronunceranno questa lamentazione sull’Egitto e su tutta la sua moltitudine’, dice il Signore, l’Eterno".
17 Il dodicesimo anno, il quindicesimo giorno del mese, la parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 18 "Figlio d’uomo, intona un lamento sulla moltitudine dell’Egitto e fa’ scendere lei e le figlie delle nazioni illustri nelle profondità della terra, con quelli che scendono nella fossa. 19 ‘Chi mai superi tu in bellezza? Scendi, e sarai posto a giacere con gli incirconcisi! 20 Essi cadranno in mezzo agli uccisi per la spada. La spada vi è data; trascinate l’Egitto con tutte le sue moltitudini! 21 I più forti fra i prodi e quelli che gli davano soccorso gli rivolgeranno la parola, in mezzo al soggiorno dei morti. Sono scesi, gli incirconcisi; giacciono uccisi dalla spada. 22 Là è l’Assiro con tutta la sua moltitudine; intorno a lui stanno i suoi sepolcri; tutti sono uccisi, caduti per la spada. 23 I suoi sepolcri sono posti nelle profondità della fossa e la sua moltitudine sta intorno al suo sepolcro; tutti sono uccisi, caduti per la spada, essi che spandevano il terrore sulla terra dei viventi. 24 Là è Elam con tutta la sua moltitudine, intorno al suo sepolcro; tutti sono uccisi, caduti per la spada, incirconcisi scesi nelle profondità della terra: essi, che spandevano il terrore sulla terra dei viventi; hanno portato il loro obbrobrio con quelli che scendono nella fossa. 25 Hanno fatto un letto, per lui e per la sua moltitudine, in mezzo a quelli che sono stati uccisi; intorno a lui stanno i suoi sepolcri; tutti costoro sono incirconcisi, sono morti per la spada, perché spandevano il terrore sulla terra dei viventi; hanno portato il loro obbrobrio con quelli che scendono nella fossa; sono stati messi fra gli uccisi. 26 Là è Mesec, Tubal e tutta la loro moltitudine; intorno a loro stanno i loro sepolcri; tutti costoro sono incirconcisi, uccisi dalla spada, perché spandevano il terrore sulla terra dei viventi. 27 Non giacciono con i prodi che sono caduti fra gli incirconcisi, che sono scesi nel soggiorno dei morti con le loro armi da guerra, e sotto il capo dei quali sono state poste le loro spade; ma le loro iniquità stanno sulle loro ossa, perché erano il terrore dei prodi sulla terra dei viventi. 28 Tu pure sarai fiaccato in mezzo agli incirconcisi e giacerai con gli uccisi dalla spada. 29 Là è Edom con i suoi re e con tutti i suoi prìncipi, i quali, nonostante tutto il loro valore, sono stati messi con gli uccisi di spada. Anche loro giacciono con gli incirconcisi e con quelli che scendono nella fossa. 30 Là sono tutti prìncipi del settentrione e tutti i Sidoni, che sono scesi in mezzo agli uccisi, coperti di vergogna, nonostante il terrore che incuteva la loro bravura. Giacciono incirconcisi con gli uccisi di spada, e portano il loro obbrobrio con quelli che scendono nella fossa. 31 Faraone li vedrà e si consolerà di aver perso tutta la sua moltitudine; Faraone e tutto il suo esercito saranno uccisi per la spada’, dice il Signore, l’Eterno, 32 ‘poiché io spanderò il mio terrore nella terra dei viventi; Faraone con tutta la sua moltitudine sarà posto a giacere in mezzo agli incirconcisi, con quelli che sono stati uccisi dalla spada’, dice il Signore, l’Eterno".
1 EN in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.
3 So sê die Here Here: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.
4 Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.
5 En Ek sal jou vlees weggee op die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.
6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.
7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.
8 Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here Here.
9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.
10 En Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.
11 Want so sê die Here Here: Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.
12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde — die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.
13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.
14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here Here.
15 As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
16 'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here Here.
17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies) in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.
19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.
20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.
21 Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar — die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.
22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;
23 wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.
24 Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.
25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom 'n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.
26 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.
27 Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.
28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.
29 Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.
30 Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.
31 Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here Here.
32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard — Farao en sy hele menigte, spreek die Here Here.