1 La parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 2 "Figlio d’uomo, volgi la tua faccia verso i figli di Ammon, e profetizza contro di loro; di’ ai figli di Ammon: 3 ‘Ascoltate la parola del Signore, dell’Eterno’. Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Poiché tu hai detto: - Ah! Ah! - quando il mio santuario è stato profanato, quando il suolo d’Israele è stato desolato e quando la casa di Giuda è stata deportata, 4 ecco, io ti do in possesso dei figli dell’Oriente. Essi porranno in te i loro accampamenti e stabiliranno in mezzo a te le loro abitazioni; saranno loro che mangeranno i tuoi frutti, loro che berranno il tuo latte. 5 Io farò di Rabba un pascolo per i cammelli, del paese dei figli di Ammon, un ovile per le pecore; voi conoscerete che io sono l’Eterno’. 6 Poiché così parla il Signore, l’Eterno: ‘Poiché tu hai battuto le mani e pestato i piedi, e ti sei rallegrato con tutto il disprezzo che nutrivi nel cuore per la terra d’Israele, 7 ecco, io stendo la mia mano contro di te, ti do in pascolo alle nazioni, ti stermino fra i popoli, ti faccio sparire dal numero dei paesi, ti distruggo e tu conoscerai che io sono l’Eterno’".
8 "Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Poiché Moab e Seir dicono: Ecco, la casa di Giuda è come tutte le altre nazioni, 9 ecco, io aprirò il fianco di Moab dal lato delle città, dal lato delle città che stanno alle sue frontiere e sono lo splendore del paese, Bet-Iesimot, Baal-Meon e Chiriataim; 10 aprirò il fianco di Moab ai figli dell’Oriente, nello stesso modo che aprirò loro il fianco dei figli di Ammon; darò questi paesi in loro possesso, affinché i figli di Ammon non siano più nominati fra le nazioni; 11 eseguirò i miei giudizi su Moab, ed essi conosceranno che io sono l’Eterno’".
12 "Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Poiché quelli di Edom si sono crudelmente vendicati della casa di Giuda e si sono resi gravemente colpevoli vendicandosi di essa, 13 così parla il Signore, l’Eterno: Io stenderò la mia mano contro Edom, ne sterminerò uomini e bestie, ne farò un deserto da Teman fino a Dedan; essi cadranno per la spada. 14 Affiderò la mia vendetta sopra Edom nelle mani del mio popolo Israele; esso tratterà Edom secondo la mia ira e secondo il mio furore; essi conosceranno la mia vendetta’, dice il Signore, l’Eterno".
15 "Così parla il Signore, l’Eterno: ‘Poiché i Filistei si sono abbandonati alla vendetta e si sono crudelmente vendicati, con il disprezzo che nutrivano nell’anima, dandosi alla distruzione per odio antico, 16 così parla il Signore, l’Eterno: Ecco, io stenderò la mia mano contro i Filistei, sterminerò i Cheretei e distruggerò il rimanente della costa del mare; 17 eseguirò su di loro grandi vendette e li riprenderò con furore; essi conosceranno che io sono l’Eterno, quando avrò fatto loro sentire la mia vendetta’".
1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.
3 En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here Here. So spreek die Here Here: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het —
4 daarom, kyk, Ek gee jou oor aan die kinders van die Ooste as 'n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.
5 En Ek sal Rabba 'n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon 'n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die Here is.
6 Want so sê die Here Here: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel —
7 daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die Here is.
8 SO spreek die Here Here: Omdat Moab en Seïr sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies —
9 daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land: Bet-Jésimot, Baäl-Méon en tot Kirjatáim toe;
10 aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.
11 Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
12 SO sê die Here Here: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het —
13 daarom, so sê die Here Here: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit 'n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
14 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here Here.
15 SO sê die Here Here: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap —
16 daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.
17 En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my wraak oor hulle bring.