Publicidade

Ezequiel 22

AFR53
I delitti di Gerusalemme

1 E la parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 2 "Ora, figlio d’uomo, non giudicherai tu, non giudicherai tu questa città di sangue? Falle dunque conoscere tutte le sue abominazioni! e di: 3 Così parla il Signore, l’Eterno: O città che spargi il sangue in mezzo a te perché il tuo tempo giunga, e che ti fai degli idoli per contaminarti! 4 Per il sangue che hai sparso ti sei resa colpevole, e per gli idoli che hai fatto ti sei contaminata; tu hai fatto avvicinare i tuoi giorni e sei giunta al termine dei tuoi anni; perciò io ti espongo all’obbrobrio delle nazioni e allo scherno di tutti i paesi. 5 Quelli che ti sono vicini e quelli che sono lontani si faranno beffe di te, o tu macchiata d’infamia, e piena di disordine! 6 Ecco, i prìncipi d’Israele, ognuno secondo il suo potere, sono occupati in te a spargere il sangue; 7 in te si disprezza padre e madre; in mezzo a te si opprime lo straniero; in te si calpesta l’orfano e la vedova. 8 Tu disprezzi le mie cose sante, tu profani i miei sabati. 9 In te c’è della gente che calunnia per spargere il sangue, in te si mangia sui monti, in mezzo a te si commettono scelleratezze. 10 In te si scopre la nudità del padre, in te si violenta la donna impura per le sue mestruazioni; 11 in te l’uno commette abominazione con la moglie del suo prossimo, l’altro contamina con incesto sua nuora, l’altro violenta sua sorella, figlia di suo padre. 12 In te si ricevono regali per spargere del sangue; tu prendi interessi, dai a usura, trai guadagno dal prossimo con la violenza, e dimentichi me, dice il Signore, l’Eterno. 13 Ma ecco, io batto le mani, a causa del disonesto guadagno che fai, e del sangue da te sparso, che è in mezzo di te. 14 Il tuo cuore reggerà forse, o le tue mani saranno forti il giorno che io agirò contro di te? Io, l’Eterno, ho parlato e lo farò. 15 Io ti disperderò fra le nazioni, ti disseminerò per i paesi, e toglierò via da te tutta la tua immondizia; 16 tu sarai profanata da te stessa agli occhi delle nazioni, e conoscerai che io sono l’Eterno". 17 La parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 18 "Figlio d’uomo, quelli della casa d’Israele per me sono diventati tante scorie: tutti quanti non sono che bronzo, stagno, ferro, piombo, in mezzo al crogiuolo; sono tutti scorie d’argento. 19 Perciò, così parla il Signore, l’Eterno: Poiché siete tutti diventati tante scorie, ecco, io vi raduno in mezzo a Gerusalemme. 20 Come si raduna l’argento, il bronzo, il ferro, il piombo e lo stagno in mezzo al crogiuolo e si soffia sul fuoco per fonderli, così, nella mia ira e nel mio furore io vi radunerò, vi metterò e vi fonderò. 21 Vi radunerò, soffierò contro di voi nel fuoco del mio furore e voi sarete fusi in mezzo a Gerusalemme. 22 Come l’argento è fuso nel crogiuolo, così voi sarete fusi nelle città; voi saprete che io, l’Eterno, riverso su di voi il mio furore". 23 La parola dell’Eterno mi fu rivolta in questi termini: 24 "Figlio d’uomo, dia Gerusalemme: Tu sei una terra che non è stata purificata, che non è stata bagnata da pioggia in un giorno di indignazione. 25 C’è una cospirazione dei suoi profeti in mezzo a lei; come un leone ruggente che sbrana una preda, costoro divorano le anime, prendono tesori e cose preziose, moltiplicano le vedove in mezzo a lei. 26 I suoi sacerdoti violano la mia legge e profanano le mie cose sante; non distinguono fra santo e profano, non fanno conoscere la differenza che passa fra ciò che è impuro e ciò che è puro, chiudono gli occhi sui miei sabati, e io sono profanato in mezzo a loro. 27 I suoi capi, in mezzo a lei, sono come lupi che sbranano la loro preda: spargono il sangue, perdono le anime per saziare la loro avidità. 28 I loro profeti intonacano loro tutto questo con malta che non regge: hanno delle visioni vane, pronosticano loro la menzogna, e dicono: Così parla il Signore, l’Eterno, mentre l’Eterno non ha parlato affatto. 29 Il popolo del paese si alla violenza, commette rapine, calpesta l’afflitto e il povero, opprime lo straniero, contro ogni equità. 30 Io ho cercato fra di loro qualcuno che riparasse il muro e stesse sulla breccia davanti a me in favore del paese, perché io non lo distruggessi; ma non l’ho trovato. 31 Perciò, io riverserò su loro la mia indignazione; io li consumerò con il fuoco della mia ira e farò ricadere sul loro capo la loro condotta", dice il Signore, l’Eterno.

Die sondes van Jerusalem.

1 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2 En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend

3 en : So spreek die Here Here: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!

4 Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot 'n smaad vir die nasies en 'n spot vir al die lande.

5 Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!

6 Kyk, die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.

7 Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.

8 My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.

9 Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

10 Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.

11 Die een het 'n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur 'n skandelike daad, en 'n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.

12 Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here Here.

13 Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.

14 Sal jou hart standhou of jou hande sterk wees in die dae as Ek met jou handel? Ek, die Here, het dit gespreek en sal dit doen.

15 En Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.

16 En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die van die nasies; en jy sal weet dat Ek die Here is.

17 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

18 Mensekind, die huis van Israel het vir My skuim geword; hulle is almal koper en tin en yster en lood binne die smeltoond; silwerskuim het hulle geword.

19 Daarom, so die Here Here: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak.

20 Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in 'n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen 'n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ek julle bymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt.

21 Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word.

22 Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die Here, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.

23 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

24 Mensekind, vir hom: Jy is 'n land wat nie gereinig is nie, wat nie reën gekry het in die dag van grimmigheid nie.

25 'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.

26 Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.

27 Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.

28 En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So die Here Here terwyl die Here nie gespreek het nie.

29 Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.

30 En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.

31 Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here Here.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-