1 Chiedete all’Eterno la pioggia nella stagione di primavera! L’Eterno che produce i lampi, darà loro abbondanza di pioggia, a ciascuno erba nel proprio campo. 2 Poiché gli idoli domestici dicono cose vane, gli indovini vedono menzogne, i sogni mentono e danno un vano conforto; perciò costoro vanno errando come pecore, sono afflitti, perché non c’è pastore.
3 La mia ira si è accesa contro i pastori e io punirò i capri; poiché l’Eterno degli eserciti visita il suo gregge, la casa di Giuda, e ne fa come il suo cavallo d’onore nella battaglia. 4 Da lui uscirà la pietra angolare, da lui il piolo, da lui l’arco di battaglia, da lui usciranno tutti i capi insieme. 5 Saranno come prodi che calpesteranno il nemico in battaglia, nel fango delle strade; combatteranno perché l’Eterno è con loro; ma quelli che sono in groppa ai cavalli saranno confusi.
6 "Io rafforzerò la casa di Giuda, salverò la casa di Giuseppe e li ricondurrò perché ho pietà di loro; saranno come se non li avessi mai scacciati, perché io sono l’Eterno, il loro Dio, e li esaudirò. 7 Quelli di Efraim saranno come un prode, e il loro cuore si rallegrerà come per effetto del vino; i loro figli lo vedranno e si rallegreranno, il loro cuore esulterà nell’Eterno. 8 Con un fischio li raccoglierò, perché io li voglio riscattare; ed essi si moltiplicheranno come già si moltiplicarono. 9 Io li disseminerò fra i popoli, ed essi si ricorderanno di me nei paesi lontani; vivranno con i loro figli e torneranno. 10 Io li farò tornare dal paese d’Egitto e li raccoglierò dall’Assiria; li farò venire nel paese di Galaad e in Libano, e non si troverà posto sufficiente per loro. 11 Egli passerà per il mare della sventura; ma nel mare egli colpirà i flutti e tutte le profondità del fiume saranno prosciugate; l’orgoglio dell’Assiria sarà abbattuto e lo scettro dell’Egitto sarà tolto via. 12 Io li renderò forti nell’Eterno, ed essi cammineranno nel suo nome", dice l’Eterno.
1 BID tot die Here om reën in die tyd van die laat reëns; die Here maak die weerligte, en Hy sal aan hulle 'n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.
2 Want die huisgode spreek bedrog, en die waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos 'n kudde; hulle verkeer in verdrukking, omdat daar geen herder is nie.
3 Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die Here van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.
4 Uit hom sal die hoeksteen, uit hom die muurpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.
5 En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die Here is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.
6 En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle 'n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die Here hulle God, en Ek sal hulle verhoor.
7 En Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die Here.
8 Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore.
9 En Ek sal hulle saai onder die volke, en in die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die lewe bly en terugkom.
10 En Ek sal hulle terugbring uit Egipteland en uit Assur hulle vergader en hulle na die land Gílead en die Líbanon bring; maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie.
11 En Hy sal deur die see van benoudheid trek en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die trotsheid van Assirië neergewerp word, en die septer van Egipteland wyk.
12 En Ek sal hulle sterk maak in die Here, en hulle sal in sy Naam wandel, spreek die Here.