1 La parola dell’Eterno degli eserciti mi fu rivolta in questi termini: 2 "Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Io provo per Sion una grande gelosia, sono geloso di lei con grande ardore’. 3 Così parla l’Eterno: ‘Io torno a Sion e abiterò in mezzo a Gerusalemme; Gerusalemme si chiamerà la Città della fedeltà, e il monte dell’Eterno degli eserciti, Monte della santità’. 4 Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Ci saranno ancora dei vecchi e delle vecchie che si sederanno nelle piazze di Gerusalemme, ognuno avrà il bastone in mano a causa dell’età avanzata. 5 Le piazze della città saranno piene di ragazzi e di ragazze che si divertiranno nelle piazze’. 6 Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Se ciò sembrerà impossibile agli occhi del resto di questo popolo in quei giorni, sarà forse impossibile anche agli occhi miei?’, dice l’Eterno degli eserciti. 7 Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Ecco, io salvo il mio popolo dalla terra di oriente e dalla terra di occidente; 8 li ricondurrò ed essi abiteranno in mezzo a Gerusalemme; essi saranno mio popolo e io sarò loro Dio con fedeltà e con giustizia’. 9 Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Fortificate le vostre mani, o voi che udite in questi giorni queste parole dalla bocca dei profeti che c’erano quando venivano gettate le fondamenta della casa dell’Eterno degli eserciti, affinché il tempio sia ricostruito. 10 Prima di questi giorni non c’era salario per il lavoro dell’uomo, né salario per il lavoro delle bestie; non c’era nessuna sicurezza per quelli che andavano e venivano, a causa del nemico; io mettevo gli uni contro gli altri. 11 Ma ora io non sono più per il rimanente di questo popolo come ero nei tempi passati’, dice l’Eterno degli eserciti. 12 ‘Infatti ci sarà un seme di pace; la vite darà il suo frutto, il suolo i suoi prodotti, e i cieli daranno la loro rugiada; darò al rimanente di questo popolo il possesso di tutte queste cose. 13 Come siete stati una maledizione fra le nazioni, così, o casa di Giuda e casa d’Israele, io vi salverò e sarete una benedizione. Non temete! Le vostre mani siano forti!’. 14 Infatti, così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Come io pensai di farvi del male quando i vostri padri provocarono la mia ira’, dice l’Eterno degli eserciti, ‘e non mi pentii, 15 così di nuovo ho pensato in questi giorni di fare del bene a Gerusalemme e alla casa di Giuda; non temete! 16 Queste sono le cose che dovete fare: dite la verità ciascuno al suo prossimo; fate giustizia alle vostre porte, secondo verità e per la pace; 17 nessuno trami nel suo cuore alcun male contro il suo prossimo, e non amate il falso giuramento; perché tutte queste cose io le odio’, dice l’Eterno". 18 La parola dell’Eterno degli eserciti mi fu rivolta in questi termini: 19 "Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Il digiuno del quarto, il digiuno del quinto, il digiuno del settimo e il digiuno del decimo mese diventeranno per la casa di Giuda una gioia, un piacere, delle feste di esultanza; amate dunque la verità e la pace’. 20 Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘Verranno ancora dei popoli e gli abitanti di molte città; 21 gli abitanti di una andranno dall’altra e diranno: Andiamo, andiamo a implorare il favore dell’Eterno e a cercare l’Eterno degli eserciti! Anche io voglio andare! 22 Molti popoli e delle nazioni potenti verranno a cercare l’Eterno degli eserciti a Gerusalemme e a implorare il favore dell’Eterno’. 23 Così parla l’Eterno degli eserciti: ‘In quei giorni avverrà che dieci uomini di tutte le lingue delle nazioni prenderanno un Giudeo per il lembo della veste, e diranno: Noi verremo con voi, perché abbiamo udito che Dio è con voi’".
1 EN die woord van die Here van die leërskare het gekom en gesê:
2 So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Sion met 'n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.
3 So sê die Here: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die Here van die leërskare: Die heilige berg.
4 So sê die Here van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit — elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.
5 En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel.
6 So sê die Here van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die Here van die leërskare.
7 So sê die Here van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste
8 en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ék sal vir hulle 'n God wees, in trou en geregtigheid.
9 So sê die Here van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die Here van die leërskare, die tempel, om gebou te word.
10 Want vóór hierdie dae het die mense geen loon getrek nie, ook vir die diere was daar geen loon nie; en vir die wat uit- en ingaan, was daar weens die teëstander geen veiligheid nie; want Ek het al die mense die een teen die ander losgelaat.
11 Maar nou sal Ek vir die oorblyfsel van hierdie volk nie wees soos in vroeër dae nie, spreek die Here van die leërskare.
12 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.
13 En soos julle 'n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle 'n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees.
14 Want so sê die Here van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die Here van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie —
15 so het Ek My weer voorgeneem om in hierdie dae goed te doen aan Jerusalem en die huis van Juda. Wees nie bevrees nie.
16 Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte!
17 En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die Here.
18 En die woord van die Here van die leërskare het tot my gekom en gesê:
19 So sê die Here van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda 'n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.
20 So sê die Here van die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede.
21 En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die Here om genade te smeek en die Here van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!
22 So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die Here van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die Here om genade te smeek.
23 So sê die Here van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.