1 Poi alzai gli occhi, guardai, ed ecco un uomo che aveva in mano una corda per misurare. 2 Io dissi: "Dove vai?". Egli mi rispose: "Vado a misurare Gerusalemme, per vedere qual è la sua larghezza e qual è la sua lunghezza". 3 Ed ecco, l’angelo che parlava con me si fece avanti e un altro gli andò incontro, 4 e gli disse: "Corri, parla a quel giovane e digli: ‘Gerusalemme sarà abitata come una città senza mura, tanta sarà la quantità di gente e di bestiame che si troverà in mezzo a essa. 5 Io’, dice l’Eterno, ‘sarò per lei un muro di fuoco tutto intorno, e sarò la sua gloria in mezzo a lei’". 6 "Su, fuggite dal paese del settentrione", dice l’Eterno, "perché io vi ho dispersi ai quattro venti dei cieli", dice l’Eterno. 7 "Su, Sion, mettiti in salvo, tu che abiti con la figlia di Babilonia!". 8 Poiché così parla l’Eterno degli eserciti: "È per rivendicare la sua gloria che egli mi ha mandato verso le nazioni che hanno fatto di voi la loro preda; perché chi tocca voi tocca la pupilla dell’occhio suo. 9 Infatti, ecco, io sto per agitare la mia mano contro di loro, ed esse diventeranno preda di quelli che erano loro assoggettati, e voi conoscerete che l’Eterno degli eserciti mi ha mandato. 10 Manda grida di gioia, rallegrati, o figlia di Sion! poiché ecco, io sto per venire e abiterò in mezzo a te", dice l’Eterno. 11 "In quel giorno molte nazioni si uniranno all’Eterno e diventeranno mio popolo; io abiterò in mezzo a te, e tu conoscerai che l’Eterno degli eserciti mi ha mandato da te. 12 L’Eterno possederà Giuda come sua parte nella terra santa, e sceglierà ancora Gerusalemme. 13 Ogni creatura faccia silenzio in presenza dell’Eterno! poiché egli si è destato dalla sua santa dimora".
1 EN ek het my oë opgehef en gekyk — daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.
2 Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
3 En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en 'n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,
4 aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
5 En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
6 Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die Here! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die Here.
7 Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!
8 Want so sê die Here van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sý oogappel aan.
9 Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die Here van die leërskare my gestuur het.
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die Here.
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na jou gestuur het.
12 En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor die Here! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.