1 Oracolo. La parola dell’Eterno va contro il paese di Adrac e si ferma sopra Damasco; poiché l’Eterno ha l’occhio su tutti gli uomini e su tutte le tribù d’Israele. 2 Essa si ferma pure sopra Camat, ai confini di Damasco, su Tiro e Sidone perché sono così sagge! 3 Tiro si è costruita una fortezza, ha accumulato argento come polvere e oro come fango di strada. 4 Ecco, l’Eterno s’impadronirà di essa, getterà la sua potenza nel mare, ed essa sarà consumata dal fuoco. 5 Ascalon lo vedrà e avrà paura; anche Gaza, e si contorcerà dal grande dolore; così Ecron, perché la sua speranza sarà confusa; Gaza non avrà più re e Ascalon non sarà più abitata. 6 Dei bastardi abiteranno in Asdod e io annienterò l’orgoglio dei Filistei. 7 Toglierò il sangue dalla bocca del Filisteo e le abominazioni dai suoi denti; anche lui sarà un residuo per il nostro Dio; sarà come un capo in Giuda, ed Ecron, come il Gebuseo. 8 Io mi accamperò attorno alla mia casa per difenderla da ogni esercito, da chi va e viene; e nessun esattore di tributi passerà più da loro, perché ora ho visto con i miei occhi.
9 Esulta grandemente, o figlia di Sion, manda grida di gioia, o figlia di Gerusalemme; ecco, il tuo re viene a te; egli è giusto e vittorioso, umile, in groppa a un asino, sopra un puledro di asina. 10 Io farò sparire i carri da Efraim, i cavalli da Gerusalemme, e gli archi di guerra saranno annientati. Egli parlerà di pace alle nazioni, il suo dominio si estenderà da un mare all’altro, e dal fiume fino alle estremità della terra. 11 Quanto a te, Israele, a causa del sangue del tuo patto, io farò uscire i tuoi prigionieri dalla fossa senza acqua. 12 Tornate alla fortezza, o voi prigionieri della speranza! Anche oggi io ti dichiaro che ti renderò il doppio.
13 Poiché io piego Giuda come un arco, armo l’arco con Efraim, e inciterò i tuoi figli, o Sion, contro i tuoi figli, o Iavan, e ti renderò simile alla spada di un eroe. 14 L’Eterno apparirà sopra di loro, e la sua freccia partirà come il lampo. Il Signore, l’Eterno, suonerà la tromba, e avanzerà con i turbini del mezzogiorno. 15 L’Eterno degli eserciti li proteggerà; ed essi divoreranno, calpesteranno le pietre di fionda: berranno, strepiteranno come eccitati dal vino, e saranno pieni come coppe per le offerte, come gli angoli dell’altare. 16 L’Eterno, il loro Dio, li salverà, in quel giorno, come il gregge del suo popolo; poiché saranno come pietre di un diadema, che splenderanno sulla sua terra. 17 Poiché, quanto grande sarà la sua bontà e quanto grande sarà la sua bellezza! Il grano farà crescere i giovani e il mosto le fanciulle.
1 GODSPRAAK. Die woord van die Here teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus — want die Here hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.
2 En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.
3 Ja, Tirus het vir hom 'n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.
4 Kyk, die Here sal hom in besit neem en sy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.
5 Áskelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Áskelon bly onbewoond;
6 en die baster sal in Asdod woon — so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn 'n einde maak —
7 en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos 'n stamhoof in Juda, en Ekron soos 'n Jebusiet.
8 En Ek sal om my huis 'n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.
9 VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.
10 En Ek sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.
11 Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water.
12 Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed.
13 Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van 'n held.
14 Dan sal die Here oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here Here sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.
15 Die Here van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, 'n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van 'n altaar.
16 En die Here hulle God sal hulle in dié dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land.
17 Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.