Publicidade

Hebreus 5

AFR53

1 Infatti ogni sommo sacerdote, preso fra gli uomini, è costituito per il bene degli uomini, nelle cose concernenti Dio, affinché offra doni e sacrifici per i peccati; 2 così può avere compassione verso gli ignoranti e gli erranti, perché anch’egli è rivestito di debolezza 3 ed è a motivo di questa che egli è obbligato a offrire dei sacrifici per i peccati, tanto per stesso quanto per il popolo.

4 Nessuno si prende da quell’onore, ma lo prende quando sia chiamato da Dio, come nel caso di Aaronne. 5 Così anche Cristo non si prese da la gloria di essere fatto sommo sacerdote, ma l’ebbe da colui che gli disse:

"Tu sei mio Figlio; oggi ti ho generato"

6 come anche altrove egli dice:

"Tu sei sacerdote in eterno secondo l’ordine di Melchisedec".

7 Il quale, nei giorni della sua carne, avendo con alte grida e con lacrime offerto preghiere e suppliche a colui che lo poteva salvare dalla morte e avendo ottenuto di essere liberato dal timore, 8 benché fosse figlio, imparò l’ubbidienza dalle cose che soffrì 9 e, reso perfetto, divenne per tutti quelli che gli ubbidiscono autore di una salvezza eterna, 10 essendo da Dio proclamato sommo sacerdote secondo l’ordine di Melchisedec.

Il problema dell’immaturità spirituale

11 Su questo avremmo molto da dire, ma è difficile spiegarvelo perché siete diventati duri d’orecchi. 12 Infatti, dopo tanto tempo dovreste già essere maestri, invece avete di nuovo bisogno che vi siano insegnati i primi elementi degli oracoli di Dio; siete giunti al punto che avete bisogno di latte e non di cibo solido. 13 Ora, chiunque usa il latte non ha esperienza della parola della giustizia, perché è bambino; 14 ma il cibo solido è per gli adulti, per quelli che per via dell’uso hanno i sensi esercitati a discernere il bene e il male.

1 WANT elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring

2 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.

3 En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.

4 En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.

5 So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

6 Soos Hy ook op 'n ander plek : U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs

8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword

10 en is deur God genoem 'n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;

11 waaroor ons veel te het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

12 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.

13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.

14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-