1 Allora Giobbe rispose e disse:
2 "Di cose come queste ne ho udite tante! Siete tutti dei consolatori molesti! 3 Non ci sarà una fine alle parole vane? Che cosa ti provoca a rispondere? 4 Anch’io potrei parlare come voi, se voi foste al posto mio; potrei mettere assieme delle parole contro di voi e scrollare su di voi il capo; 5 potrei farvi coraggio con la bocca; e il conforto delle mie labbra vi calmerebbe. 6 Se parlo, il mio dolore non ne sarà lenito; e se cesso di parlare, che sollievo ne avrò? 7 Ora, purtroppo, Dio mi ha ridotto senza forze, ha desolato tutta la mia casa; 8 mi ha coperto di rughe e questo testimonia contro di me, la mia magrezza mi accusa apertamente. 9 La sua ira mi lacera, mi perseguita, digrigna i denti contro di me. Il mio nemico aguzza gli occhi su di me. 10 Spalancano contro di me la bocca, mi percuotono per disonore le guance, si mettono tutti insieme a darmi addosso. 11 Iddio mi dà in balìa degli empi, mi getta in mano ai malvagi. 12 Vivevo in pace ed egli mi ha scosso con violenza, mi ha preso per la nuca, mi ha frantumato, mi ha posto come suo bersaglio. 13 I suoi arcieri mi circondano, egli mi trafigge le reni senza pietà, sparge a terra il mio fiele. 14 Apre sopra di me breccia su breccia, mi corre addosso come un guerriero. 15 Mi sono cucito un cilicio sulla pelle, ho prostrato la mia fronte nella polvere. 16 Il mio viso è rosso di pianto e sulle mie palpebre si stende l’ombra di morte. 17 Eppure, le mie mani non commisero mai violenza, e la mia preghiera fu sempre pura. 18 O terra, non coprire il mio sangue, e non vi sia luogo dove si fermi il mio grido! 19 Già fin da ora, ecco, il mio Testimone è in cielo, il mio Garante è nei luoghi altissimi. 20 Gli amici mi deridono, ma a Dio si volgono piangenti i miei occhi. 21 Sostenga egli le ragioni dell’uomo presso Dio, le ragioni del figlio d’uomo contro i suoi compagni! 22 Poiché, pochi anni ancora, e me ne andrò per una via senza ritorno.
1 MAAR Job het geantwoord en gesê:
2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
3 Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
5 ek sou julle kon versterk met my mónd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
6 AS ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou — watter verligting bring dit my?
7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
8 En U het my gegryp — 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
9 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
10 Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.
11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.
12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
15 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;
17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
18 o AARDE, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.
20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God —
21 dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.
22 Want maar min jare kom — dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.